Kaapstad Verander Area
  • Vandag

    17°C / 10°C

    Wind 38km/h

    Reënval 30.8mm

    Humiditeit 73%

  • Donderdag

    14°C / 10°C

    Wind 39km/h

    Reënval 19.5mm

    Humiditeit 73%

  • Vrydag

    16°C / 10°C

    Wind 23km/h

    Reënval 0.4mm

    Humiditeit 60%

  • Saterdag

    20°C / 12°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 60%

  • Sondag

    22°C / 13°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 50%

  • Maandag

    25°C / 15°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 41%


Jaco Bouwer op KKNK

Geen omdraaikans met ‘Samsa-masjien’

Besef teks is ‘baie braaf’

Karin Burger
Dinsdag 25 Maart 2014
Jaco Bouwer ontvang die Kuns Onbeperk-toekenning vir grondverskuiwende werk op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Foto: NASIEF MANIE

KAAPSTAD. – Die regisseur Jaco Bouwer spot en sê as iemand nie weet hoe om ’n teaterstuk te laat werk nie, dan bel hulle hom.

“Ek is altyd besig met nuwe werk. Die uitdaging trek my seker maar aan om iets te doen as niemand eintlik weet hoe of wat nie. “Vir my is dit ’n soeke na die verskillende vorme van uitdrukking.”

Die teaterstuk Rooiland het pas vyf Fleur du Cap-toekennings gewen, en Jaco was op die verhoog vir regie en beligting.

Hy het ook ’n Naleldi-toekenning vir die regie van Balbesit ontvang.

En by die Absa KKNK wag daar ’n toekenning vir grondverskuiwende teater.

“Grondverskuiwende teater voel letterlik soos om die grond van punt A na punt B te skuif. Jy is altyd opsoek na meer, na dieper . . .”

Daarom is dit dan ook vir hom so lekker om met die teks van skrywers te werk, soos nou weer met Willem Anker se Samsa-masjien, wenner van die 2012- ATKV-Woordveertjie vir drama.

“As vervaardiger worstel ek binne die struktuur van die skrywer se teks. Die teks het reeds ’n vorm aangeneem, en vir my lê die uitdaging daarin om die kombinasie van woorde op papier in ’n visuele landskap te omskep.”

Samsa-masjien is ’n stuk wat in gesprek wil tree met Franz Kafka se Die Verwandlung (Metamorphosis).

Kafka se verhaal fokus op die insekwording van die seun in die gesin, maar in Samsa-masjien is die seun lank reeds dood. Dit fokus wel op die insekwording van die pa.

“Ek het die eerste keer die teks gesien en gedink daar is nie ’n manier hoe ’n mens dit op ’n verhoog kan doen nie. Om die teks maksimaal te gebruik, moet jy eerder ’n fliek maak.

“Toe byt die Absa KKNK en ek besef hier is nie omdraaikans nie.”

Met Rooiland was dit dieselfde . . .

“Dit is nie ’n kommersiële stuk nie. Ek het die risiko geneem omdat ek van die eerste oomblik af in die stuk geglo het.

“Ek het die teks gelees en besef dit is baie braaf.”

Balbesit was net so ’n groot uitdaging. “Dit is ’n stuk oor manlikheid, oor identiteit, oor seksualiteit.

“En dan werk jy met 25 plus mans, almal van verskillende agtergronde . . .”

Bouwer beskryf kuns op die verhoog as gorilla-teater.

“As jy deesdae teater maak, lewe jy van fees tot fees. Jy het nie ’n huis nie, jy soek konstante ruimte, en elke produksie vra vir sy eie mense.”

Elke toneelstuk sorg vir sy eie drama in Bouwer se lewe.

“My kop is altyd besig. Dit is ’n hele proses, ek ly aan insomnia.

“As ek nie kan slaap nie, neem ek die klank van krieke in my badkamer op.”

•  Samsa-masjien is van 2 tot 5 April by die KKNK en Balbesit van 19 tot 28 Junie in die Baxter.



  • Emmys: Smeulende sterre én rooitapytrampe

  • ’n Fees eie aan Tulbagh

  • kuns

    Komnick op 85 immer meesterlike fotograaf

  • flieks

    Prente van Iñárritu, Levinson, Niccol na Venesië

  • musiek

    Chameleon se posduif by verkeerde adres

  • VMA's: Hiér's van die sterre

  • Rolspelers in die kunste bekroon

  • musiek

    Sanger se ‘Reis na Reims’

  • flieks

    Sterk stryder teen vooroordeel groet

  • musiek

    Zukerman en Forsyth boeiend musikaal

  • Mnr. Kunstekaap lê die tuig neer

  • Parlotones se Kahn durf sololoopbaan aan

  • Fotografiekursus by Riebeek-Kasteel

  • teater

    En wat van ná sy opstanding?