Kaapstad Verander Area
  • Vandag

    25°C / 18°C

    Wind 28km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 65%

  • Saterdag

    25°C / 17°C

    Wind 27km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 60%

  • Sondag

    28°C / 18°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 49%

  • Maandag

    23°C / 15°C

    Wind 14km/h

    Reënval 1.1mm

    Humiditeit 71%

  • Dinsdag

    20°C / 14°C

    Wind 35km/h

    Reënval 3.3mm

    Humiditeit 58%

  • Woensdag

    21°C / 12°C

    Wind 25km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 45%


Conspiracy of Clowns

Narre laat die planke dreun

Rob Murray en Liezl de Kock steek steeds vure aan

Mariana Malan
Woensdag 03 Julie 2013
Andrew Buckland en Liezl de Kock in Crazy in Love. Foto: CONSPIRACY OF CLOWNS

GRAHAMSTAD. – Die hansworse is steeds aan’t saamsweer. Nie meer in Kaapstad nie, maar lewendig en druk besig in Grahamstad.

Steeds as die kerngroep van Conspiracy of Clowns is dit Rob Murray en Liezl de Kock wat aan gehore wonderlike stukke gebring het soos Pictures of you, Kardiavãle en Benchmarks, laasgenoemde in samewerking met FTH:K.

Twee jaar gelede het Murray en De Kock Grahamstad toe gekom. Albei is verbonde aan die dramadepartement hier.

Op vanjaar se randfees is Crazy in Love een van hul stukke. Hulle het dit saam met Andrew Buckland geskryf en verwerk na ’n episode in John Irving se boek Until I find you. Buckland en De Kock is in die rolverdeling, Murray die regisseur.

In samewerking met Ubom! is die Wilde Weste- (of eerder Wilde Oos-Kaapse) stuk Hoss te sien.

Kaapse gehore mis die teenwoordigheid van De Kock en die kreatiewe werk van Murray in die Moederstad, maar die twee is besig om vure aan te steek in die dramadepartement op die Rhodes-kampus. Hulle bied byvoorbeeld saam ’n kursus vir derdejaarstudente aan in die gebruik van maskers, die gebruik van marionette en ongewone objekte op die verhoog.

“Toe ons so sewe, agt jaar gelede met maskers begin werk het, het mense gesê dit gaan nie werk nie. Maar nou raak die gebruik van maskers al hoe gewilder,” sê Murray.

Om sy geloof in hierdie toevoeging tot die teater te bewys, is hy nou besig met sy doktorsgraad waarin hy maskers, nie-verbale toneelspel en die gebruik van objekte op skrif stel. Hy verwys spesifiek na die werk wat FTH:k gedoen het.

Vanjaar word daar nie maskers in hul stuk op die fees gebruik nie.

“Vanjaar wou ek iets met teks doen,” verduidelik hy. “Conspiracy of Clowns beperk hom nie tot een styl nie.”

Verlede jaar, vertel hy, het die geselskap sowat 20 000 km afgelê en hul stukke na baie plattelandse dorpies geneem.

“So met die rondryery het ek die idee gekry van ’n stuk wat oor iemand gaan wat gedurig aan die beweeg is op soek na iets. Crazy in Love gaan oor ’n pa en sy dogter wat die land platry op soek na sy verlore liefde en haar ma. Die boek van Irving (Until I find you) het my geïnspireer om hierdie stuk te skryf.”

Die stuk wat tans op die fees te sien is, is sowat 20 keer verander.

“Ons moes besluit wat die beste einde sou wees. Moet een van die twee sterf? Moet albei sterf? Moet hulle die ma vind?”

Om te sien wat gebeur, sal Kaapse gehore tot volgende jaar moet wag. Hulle bring dan die stuk Kaapstad toe.

Intussen gaan De Kock binnekort na Frankryk waar die internasionale marionettefees (die Charleville-Mezieres- internasionale marionetteteater) gehou word. Sy gaan ook ’n internskap by die meester Phillippe Gentry doen. Hy is al 35 jaar besig om visuele en fisieke teater met marionette en dans te kombineer.



  • Kannemeyer bekyk steeds ‘reënboognasie’ in nuwe werke

  • Kunsgids: 17 April 2014

  • ‘War Horse’ van Oktober op SA verhoë

  • Nuwe rolprent oor Jesus kyk werd

  • Troufliek met hart en siel

  • Bekroonde War Horse oplaas in Suid-Afrika

  • Opera gaan toer in Europa

  • Kaapstad kry eie kunstefees van wêreldgehalte

  • Bailey se visie vir ‘Macbeth’ in Afrika

  • Pryse verras sanger van Joshua na die Reën

  • Fabriekspoke verklank in spel met klavier

  • Nuwe radiodrama ‘ongewoon, verfrissend en ontroerend’