Kaapstad Verander Area
  • Vandag

    18°C / 9°C

    Wind 48km/h

    Reënval 8.1mm

    Humiditeit 67%

  • Vrydag

    14°C / 9°C

    Wind 41km/h

    Reënval 23.5mm

    Humiditeit 76%

  • Saterdag

    14°C / 10°C

    Wind 32km/h

    Reënval 10.7mm

    Humiditeit 88%

  • Sondag

    17°C / 11°C

    Wind 20km/h

    Reënval 1.2mm

    Humiditeit 82%

  • Maandag

    18°C / 11°C

    Wind 27km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 70%

  • Dinsdag

    20°C / 13°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 59%


FORUM

Só het dertien geval

Dana Snyman
Saterdag 04 Mei 2013
Die Slag van Bangui in die Sentraal-Afrikaanse Republiek was een van die hewigstes waarby Suid-Afrikaanse soldate al betrokke was. Dana Snyman het gesels met kol. William Dixon, wat in bevel was.
Kol. William Dixon

Vir vir kol. William Dixon is die Slag van Bangui in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) nog nie heeltemal verby nie. Hy dink nog knaend daaraan.

“Ek is trots op my troepe,” sê hy. “Daar was nie een geval van die weiering van wettige opdragte of van lafhartigheid nie. Nie een van hulle het weggehardloop nie.” Anders as die SAR se presidensiële troepe, wat glo gevlug het toe die eerste skote klap.

“Ek weet nie hoekom is die publiek so negatief oor ons soldate nie. Mense sal verbaas wees as hulle sien hoe patrioties en toegewyd ons troepe is.”

Die hele tyd terwyl Dixon praat, wip sy linkerknie op en af. Hy het besluit om vir die eerste keer sy storie te vertel, want in die laaste ruk is allerhande, volgens hom, onwaar bewerings gemaak oor die Slag van Bangui, soos dit in die binnekringe genoem word.

“Party mense sê ons het teen kindersoldate geveg. Dis nonsens, man. As daar kinders op die slagveld was, het ek hulle beslis nie gesien nie.”

Dis ’n koel Saterdagoggend, presies drie weke ná die slag, en ons sit aan ’n tafeltjie in ’n restaurant in Centurion in Pretoria. Langs hom sit sy vrou, Brenda, met wie hy al meer as 20 jaar getroud is.

“Ander sê weer ons het nie genoeg ammunisie gehad nie. Dis ook snert,” sê Dixon. Hy rits die name af van die wapens en hoeveel ammunisie gebruik is: Sowat 12 000 skote is met 12,7 mm-masjiengewere geskiet, en meer as 200 mortierbomme is gelanseer. Dan was daar nog die sowat 60 vuurpyle en die derduisende skote wat met die kleiner masjiengewere geskiet is.

Die gesaghebbende militêre kenner Helmoed-Römer Heitman meen die Slag van Bangui is een van die hewigste veldslae waarby ons weermag al betrokke was.

Dixon (48) stem saam. Hy is al die afgelope 31 jaar ’n beroepsoldaat. Eers was hy in die infanterie; later by 1Valskermbataljon in Bloemfontein. Hy het lank diens gedoen in die operasionele gebied in die ou Suidwes en Angola. Hy hét al voorheen oorlog gesien.

“Bangui was ’n skrikwekkende ervaring.” Hy laat sak sy kop en kyk na sy hande wat voor hom op die tafel rus.

Die slag het die Vrydagmiddag begin. Die Sondagoggend, toe ek ná ’n bietjie rus opstaan, het ek nie gedink ons gaan oorleef nie. Ek het in die donker gestaan en bid, en gesê: ‘Hemelse Vader, as U my vat, vat my gou.’ ”

Hulle was omsingel deur tussen drie- en seweduisend rebelle.

Dixon is in Januarie vanjaar na die SAR gestuur. Hy en sy sowat 200 troepe het opdrag gehad om die reeds ontplooide Suid-Afrikaanse Weermag-kontingent daar te gaan bystaan. Oor die politiek rondom die SANW se betrokkenheid in die SAR wil hy hom nie uitlaat nie. Hy is ’n soldaat, nie ’n politikus nie.

Aanvanklik het alles taamlik kalm en rustig verloop by hul basis in Bangui, die hoofstad van die SAR.

“Die bevolking het ons met ope arms ontvang. Drie plaaslike mense het ook as arbeiders vir ons in die basis gewerk. Een se naam was Lucienne. Hy was so ’n kortetjie, met yslike groot voete. Hy het altyd plakkies gedra.”

“Vertel van die predikant,” por Brenda hom aan.

“ ’n Plaaslike predikant het vir ons kerk kom hou. Ons het later vir hom twee blikke verf geskenk sodat hy sy kerk daarmee kon verf. Baie van my soldate is toegewyde Christene.”

Maar mettertyd het die spanning in Bangui en die res van die land toegeneem. Die sogenaamde Seleka-rebelle was besig om die beheer van die land oor te neem, en Francois Bozizé, die land se president, het na Kameroen gevlug.

En toe, op Vrydag 22 Maart, breek die geveg tussen die Seleka-rebelle en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-kontingent uit – die geveg waarin 13 Suid-Afrikaanse soldate dood en 27 gewond of beseer is. Die Slag van Bangui.

“Die troepe wat dood is . . .” Dixon bly ’n rukkie stil en verander dan die gesprek se rigting. “Ek het vir drie dae byna niks geslaap nie. Jy gaan net aan en aan. By tye was ons en die rebelle teenaan mekaar.

“Al my troepe was swart. Daar was net een wit outjie. Smittie. Smittie en so ’n groot Portugees, Blackbox, was buddies. Blackbox was in 32 Bataljon. Hy en Smittie was verantwoordelik vir die veiligheid van die HK-voertuig waarop ek was. Hulle is onafskeidbaar, Smittie en Blackbox.

“Op ’n kol, toe dit ’n bietjie stiller gaan, sê Smittie vir my: ‘Kolonel, my mes is weg.’

“Ek dag toe: ‘Smittie, ná alles wat gebeur het, gee ek nie ’n donner om wat met jou mes gebeur het nie. Maar ek vra toe maar: ‘Nou wat het met jou mes gebeur, Smittie?’

“Toe antwoord Smittie: ‘Ek het dit in iemand se borskas in gedruk en toe vergeet ek dit daar, Kolonel.’

“Smittie het nie ’n cowboy probeer wees nie. Dís hoe naby ons aan die vyand gekom het. Een van die rebelle wou Smittie met die geweer se kolf slaan.”

Die 13 soldate is almal by die sogenaamde Y-kruising doodgeskiet. Dit is buite Bangui waar die pad na Damara uitdraai. “Die geveg by die Y-kruising was hewig. Een van my sersante het daar ses rebelle geskiet, terwyl hy self swaar in die been gewond is. Ons het hom aanbeveel vir ’n medalje.”

’n Finale besluit moet nog geneem word, maar daar word aanbeveel dat minstens 20 van die soldate wat aan die slag deelgeneem het, ’n hoë eerbewys vir dapperheid en leierskap ontvang.

“Ons kon nie dadelik al die lyke uit die gebied naby die Y-kruising kry nie. Ons het teruggeval na die basis toe, en toe is ons omsingel. Die rebelle was goed bewapen. Hulle het buitelandse hulp gehad.

“Die Sondagoggend, toe ek daar in die basis staan en bid, toe kom Lucienne by my. ‘How are you?’ vra ek hom. Toe bars hy in trane uit. Hy huil dat hy so snik, want hy het van ons troepe geken wat geskiet is.”

Later die Sondag het van die rebelleleiers na die basis gekom en met Dixon-hulle begin onderhandel vir ’n skietstilstand. Teen nege-uur die aand was die geveg verby.

“Ek het net een keer gehuil in die hele storie. Dis toe ek in die siekeboeg kom ná die tyd. Weet jy hoe lyk ’n slagplaas? Dis hoe ’n siekeboeg lyk na só ’n slag.

“Dit was ook ’n gesukkel om al die lyke te kry. Ek het my laaste 140 euro’s vir ’n burgerlike gegee wat kom sê het hy kan een van die lyke vir ons bring, mits ons hom betaal. Toe gee ek vir hom die geld en sê: ‘Dè, vat die geld. Bring net my man vir my.’ ”

Hoewel daar in die SAR selfoonontvangs was, was daar tydens die slag nie veel tyd vir Dixon en sy troepe om Suid-Afrika toe te bel nie.

“Ek het my bevelvoerder in Suid-Afrika gebel,” sê Dixon, “maar ek het vir hom gesê hy moet nie vir Brenda sê wat is besig om te gebeur nie.”

Hy en Brenda het die gewonde troepe wat na 1 Militêre Hospitaal in Pretoria gebring is, gereeld gaan besoek. Brenda het selfs vir hulle pannekoek gebring. Hy en Brenda het ook die begrafnisse van die gesneuwelde troepe bygewoon.

“Ek het persoonlik met hul families gaan praat. Die ouers met wie ek gepraat het, was nie een vol haat of woede teenoor die regering nie.

“Ons het ’n taak gehad om te doen, en ons het dit goed gedoen.”



  • aktueel

    Mediasourus: Nooit!

  • spotprent

    Uit Fred se Pen

  • rubrieke

    ‘Rooi gevaar’ kan revolusie word

  • hoofartikels

    Enige stem van rede kan nie kwaad doen

  • rubrieke

    As ek jou vergeet, o Jerusalem!

  • rubrieke

    Rooi Miere, kosbak en Gupta-TV

  • rubrieke

    50 jaar gelede : 24 Julie 1964

  • rubrieke

    ’n Ander mening

  • sielsgoed

    Oase

  • Jy SMS

  • Jy op Facebook

  • briewe

    Midde-Ooste en SA is nie vergelykbaar

  • briewe

    Kuberruimte lyk beslis na ons voorland

  • briewe

    Ek hoop ek word verkeerd bewys

  • briewe

    SAUK moenie aan ’n wenresep torring

  • briewe

    My sitplekgordel voorkom erger gevolge 

  • briewe

    Gee belasting-afslag vir boere en huise

  • briewe

    Philander moes teruggestuur gewees het

  • aktueel

    ‘Ondersoek eerder dié grond-uitbuiters’

  • rubrieke

    Zuma vaar goed met Brics-sake

  • spotprent

    Uit Fred se Pen

  • voorblad

    Die Burger, Woensdag 23 Julie

  • hoofartikels

    Aksies is nodig om kinderste beskerm

  • rubrieke

    Binnekamer is waar ons wil hoes en proes

  • sielsgoed

    Geregtigheid kort ’n breër verstaan

  • rubrieke

    50 jaar gelede : 23 Julie 1964

  • rubrieke

    ’n Ander mening

  • sielsgoed

    Oase

  • Jy SMS

  • Jy op Facebook

  • briewe

    Kies die beste spelers vir Cravenweek

  • briewe

    Kaping was ’n barbaarse daad

  • briewe

    Dít is eintlik ál wat SA se mense vra

  • briewe

    Jammer ons het so min leiers soos Zille

  • briewe

    Waarom die skuld op die Russe pak?

  • briewe

    Vervolgingsgesag lyk na sinkende skip

  • aktueel

    As almal saamwerk

  • spotprent

    Uit Fred se Pen

  • rubrieke

    Vyande sal De Kock laat gaan

  • hoofartikels

    Zuma sál tot verantwoording geroep word

  • rubrieke

    G’n land het hoop sonder wiskunde

  • rubrieke

    Ek kyk in elk geval mos nie Es-y-bie-sie

  • rubrieke

    50 jaar gelede : 22 Julie 1964

  • rubrieke

    ’n Ander mening

  • sielsgoed

    Oase

  • Jy SMS

  • Jy op Facebook

  • briewe

    Grond: Ons bid vir leiers met ’n oop kop

  • briewe

    Gelukkig is fundamentaliste in minderheid

  • voorblad

    Die Burger, Dinsdag 22 Julie

  • briewe

    Dis nie die eerste SAUK-jakkalsdraai

  • briewe

    Dink buite die boks oor vragvervoer

  • briewe

    Rugbygemeenskap pas maar stadig aan

  • briewe

    Toe bekyk ek my heel laaste treinkaartjie