Kaapstad Verander Area
  • Vandag

    16°C / 11°C

    Wind 44km/h

    Reënval 18.7mm

    Humiditeit 67%

  • Vrydag

    17°C / 10°C

    Wind 16km/h

    Reënval 1.5mm

    Humiditeit 66%

  • Saterdag

    19°C / 12°C

    Wind 28km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 53%

  • Sondag

    23°C / 15°C

    Wind 23km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 54%

  • Maandag

    26°C / 16°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 54%

  • Dinsdag

    27°C / 17°C

    Wind 17km/h

    Reënval 2.1mm

    Humiditeit 52%


Stigterslid van Silwer Valke sterf

‘Lugmag salueer ’n pionier’

Hy het honderde vlieëniers opgelei, sê oudkollega

Raymond Willemse
Sondag 12 Januarie 2014
Kol. Chris Prins, stigter van die Silwer Valke, in 1992 op sy laaste vlug op uitnodiging van die Silwer Valke. Foto: VERSKAF

STELLENBOSCH. – ’n Stigterslid van die Silwer Valke is gister as ’n pionier, legendaries en ’n besonderse leier beskryf.

Chris Prins (80) het verlede Vrydag die stryd teen kanker in 2 Militêre-hospitaal in Wynberg verloor.

Prins se enigste kind, Chris, het gister gesê sy pa het diep spore in die Suid-Afrikaanse lugmag getrap.“Hy was ’n ongelooflik goeie vlieënier in die lugmag. As ’n pa was hy baie kalm en het nooit iets sleg van ander gesê nie.”

Chris het gesê sy pa het op 19 jaar as ’n vlieënier gekwalifiseer.

“Op 36 jaar het hy die jongste kolonel in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Weermag geword toe hy as bevelvoerder van die Langebaanweg-lugmagbasis aan die Weskus aangestel is.”

Prins was in 1967 die eerste leier van die Silwer Valke, die lugmag se kunsvliegspan.

Hy maak deel van die oorspronklike vier Silwer Valke saam met genl.maj. Fred du Toit, kol. Theuns Prinsloo en kol. Chris Hattingh uit. Hattingh het ook dié groep ontval.

Prinsloo, ’n medestigterlid van die Silwer Valke, het in ’n persoonlike huldeblyk gesê die lugmag het ’n kranige en beminde vlieënier verloor.

“Prins het verseker dat die gehalte-opleiding van vlieëniers op die Impala-vliegtuie met die beste in die wêreld vergelyk kon word.

“Honderde vlieëniers van die lugmag kan vandag terugkyk en hierdie man bedank vir die deeglike opleiding wat hulle kon geniet.

“Oor die jare het die Silwer Valke genot aan honderdduisende toeskouers verleen met hul presisie vlieg en formasie-kunsvlugte. Die lugmag salueer hierdie merkwaardige vlieënier wat almal se vriend was.”

Prinsloo het ook genoem hoe die Silwer Valke destyds as die “Bumbling Bees” bekend gestaan het.

“Dit was egter ’n moeilik vertaalbare naam in Afrikaans. Onder sy leiding is die naam amptelik verander na Die Silwer Valke, ’n naam wat nog in die volksmond voortleef.”

Chris het gesê hy onthou as kind hoe hy vir sy pa op die aanloopbaan gewag het.

“Ek het in die kajuit geklim en my pa het my sy valhelm gegee. Ek onthou die reuk van sweet en lemoenskille binne die kajuit.”

Volgens Chris het sy pa op 40 jaar weens mediese redes afgetree en sy laaste amptelike vlug was in 1992 op uitnodiging van die Silwer Valke.

Maj. Beau Skarda, spanleier van die Silwer Valke, het gesê hulle is vandag alles aan Prins te danke vir wat destyds vermag is.

“Hy het ’n visie gehad en hard gewerk dat dit ’n werklikheid word. Hy is ’n pionier in die lugmag en ons het baie aan hom te danke.”

Prins word oorleef deur sy seun en twee kleinkinders, Larissa en Joshua. Sy vrou, Monica, is in 2011 oorlede.

Prins word Donderdag om 14:00 uit die Metodistekerk in Kerkstraat in die Strand begrawe.



  • Besoek ons nuwe webtuiste

  • DA wil wéét oor Ramaphosa se e-pos

  • Nigerië-tragedie: 'Dit was scary'

  • A vir Addo – én adrenalien – se nuwe glykabels

  • Australië fnuik glo 'demonstrasiemoord'-komplot

  • Cyril het 30 wonings in Jhb, 2 in Kaapstad

  • wereld

    Skotte sê ‘aye’ of ‘nay’

  • ‘Profeet, waar is my kind?’

  • politiek

    Floyd 'trek middelvinger terug'

  • Nuusdag met Niekie: Kop-aan kop-referendum

  • Lagos: SA slaggereed om te gaan help

  • misdaad

    Oscar: Dít kan appèl stuit

  • Los maar die vleis

  • NSRI red 11 skubaduikers van Gansbaai naby Dyereiland

  • Wêreldklas-aksie Sondag te sien

  • W-Kaap weer beste bestuur

  • gesondheid

    200ste hart oorgeplant

  • onderwys

    ANA se vrae ‘verg groter insig’

  • ‘Easy Rider’-motorfiets eersdaags opgeveil

  • Wyle Richard Behrens ‘met trots onthou’

  • Om eiers in te skryf is nie kinderspeletjies

  • Blasers bly oor stappe teen klub

  • Bulletjie dalk die wêreld se kleinste

  • Breier wil vir laster eis ná hy geskors is

  • Grabouw-betogings: ‘Die mense soek antwoorde’

  • Lagos: Media verbied, volgelinge mag nie praat

  • misdaad

    Tandarts skuldig aan seksdade met seun

  • misdaad

    Dubbele moordenaar se appèl-aansoek uitgegooi

  • politiek

    SAUK se Ellen kry dit hotagter uit nóg 'n oord

  • politiek

    Beraad moet munisipaliteite reg ruk

  • politiek

    Opposisie storm uit

  • Wes-Kaap verheug oor visumbesluit

  • Replika van Madiba se tronksel nou te sien

  • ondersoeke

    Plaasaanvalle: MRK wil van werkers hoor

  • Mbeki se biblioteek help om Afrika-leiers te verstaan

  • SC-status aan Mpofu toegestaan

  • Wes-Kaap se kaggelweer bly tot die naweek

  • ondersoeke

    Zuma se derde vrou kap SAUK

  • SA onderwyser se vrou, twee seuns vrees ergste

  • onderwys

    Moeilike huistaal-vrae verstom

  • misdaad

    Mpofu kry SC-status ná hy glo hulp vra

  • Talle bekendes van SA, Afrika na profeet Joshua

  • Chaos in Grabouw-oproer: N2 weer ure lank gesluit

  • wereld

    Tifoon tref China ná verwoesting in Filippyne

  • wereld

    Drie mans ondervra ná twee se dood

  • onderwys

    Christen-skole samel geld in

  • Beurtkrag: Eskom sê gou ’n week vooraf

  • SA in rou

  • Genade hou dit regop

  • onderwys

    Minister dien klag in oor skole

  • Zuma lei beraad oor swak diens

  • Dorpie se enigste bank gaan sluit

  • Geboortesertifikaat vir reisigers eers later nodig

  • Gesin moet student groet ná kêrel na sy dood spring

  • Akteur 'n dogtertjie ryker

  • Sake in Grabouw steeds oproerig

  • politiek

    SAUK-baas moet ‘kwalifikasies’ verduidelik

  • Vergadering oor EFF-LP's gekanselleer

  • misdaad

    ‘Staat het insae gehad in vertroulike inligting’

  • Byleveld gaan bendes pak

  • Soos Romeo en Juliet

  • Gigaba sê vandag oor regulasies

  • wereld

    Bykans 1 300 uit see gered

  • misdaad

    Godsdiens-saak ‘sal art. 15 van Grondwet verhelder’

  • misdaad

    Gesin vra dié week borgtog