Kaapstad Verander Area
  • Vandag

    22°C / 11°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%

  • Vrydag

    21°C / 14°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 48%

  • Saterdag

    20°C / 14°C

    Wind 25km/h

    Reënval 6.4mm

    Humiditeit 69%

  • Sondag

    22°C / 12°C

    Wind 23km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 47%

  • Maandag

    22°C / 15°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 51%

  • Dinsdag

    22°C / 15°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.8mm

    Humiditeit 84%


Pretorius-weduwee voorlopig gesekwestreer

Marelize Barnard
Dinsdag 17 September 2013

KAAPSTAD. – Susan-Ann Pretorius, weduwee van die piramide-beleggingsmous Herman Pretorius, is voorlopig gesekwestreer.

Regter André Blignaut het gister die bevel van voorlopige sekwestrasie uitgevaardig nadat Susan-Ann Pretorius ’n aansoek om sekwestrasie in die Wes-Kaapse hooggeregshof teengestaan het.

Blignaut het bevind Susan-Ann Pretorius was, ondanks ’n “magdom dokumentasie” wat haar met betalings in haar guns verbind, nie bereid “om selfs een” te erken nie. “Terselfdertyd ontken sy ook nie dat sy dit (die betalings) ontvang het nie.”

Die regter het gesê hy stem saam met die regspan van die kurators van wyle Herman Pretorius se Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) en die Seca Trust dat Susan-Ann Pretorius “ontwykend” is.

’n Forensiese ondersoek het getoon dat R17,7 miljoen regstreeks aan of namens haar betaal is.

Sy was die geregistreerde eienaar van ’n eiendom, Van de Graaffstraat 26 in Welgemoed, waarvoor daar tussen 23 Februarie 2005 en 16 Januarie 2007 R13,3 miljoen betaal is aan bouers en binnehuisversierders.

Die eerste applikant teen haar, die likwidateur Lambertus von Wielligh Bester, het aangevoer ’n eis van R107 miljoen teen haar is geregverdig omdat sy haar plig as ’n trustee van die Seca Trust versuim het. Bester voer aan ongeveer R130 miljoen van beleggers se geld is deur Pretorius uit die RVAF-bankrekening na die Seca Trust oorgeplaas.

Verder is daar uit die RVAF Trust R4,18 miljoen ten gunste van Susan-Ann Pretorius betaal. Hiervan is R900 000 in haar verbandrekening betaal. Op 31 Mei 2011 is ’n bedrag van R350 000 in haar Nedbank-rekening gestort.

Blignaut het in sy beslissing uitgewys hoewel elke betaling ondersteun is deur dokumentasie wat Susan-Ann Pretorius met die RVAF en Seca Trusts verbind, haar verweer was dat die applikante nie bewyse daarvan gelewer het nie.

Volgens Blignaut is daar wel bewyse dat die betalings van die onderskeie trusts aan of namens Susan-Ann Pretorius gemaak is.

“Daar is ook rede om te glo dat haar sekwestrasie tot voordeel van haar krediteure sal wees,” het Blignaut in sy uitspraak gesê.

Die aansoek is tot 14 Oktober uitgestel as deel van die proses van ’n bevel vir finale sekwestrasie.



  • Die Bokke se nuwe trui

  • HK-lede van vrouekoshuis in sop na Matie-mans hul eerstejaars 'stort'

  • Burger King kry plaaslike aanleg om vleis te verwerk

  • Om te wen is g'n kinderspeletjies, sê SA se Boston-kampioen

  • ANC uitgesluit uit vergadering na speaker voet neersit

  • Man wat glo 4-jarige onthoof moet eers Valkenberg toe

  • Verdagte in reeksverkragtings het glo slagoffers se selfone gebruik

  • Nasa maak gereed om mense Mars toe te stuur

  • Thuli een van '100 invloedrykste mense'

  • KSUT-studente mor oor onveilige koshuise

  • Eer aan die samaritane van Sewol

  • Politieke partye vry na gays

  • Nkandla-komitee sit eers weer Maandag

  • Kotzee se nuwe hart bons weer

  • Malema is ’n dief - McKenzie

  • Famsa Wes-Kaap in geldelike verknorsing

  • ANC-koukus uit stadsraadsvergadering gejaag

  • Steen des aantoots op heter daad betrap

  • Ondersoek tender van welsynstoelae, vra Corruption Watch

  • Matie help vroulike misdadigers terug na die samelewing

  • Oud-Matie se vrou in hegtenis na sy glo kinders moor

  • Dink en bid voor jy stem, vra Tutu

  • ANC-hoës wil nie eed aflê

  • Zille ontvang betogers se klagtes

  • ‘ANC-LP’s word uit Luthuli-huis beheer’

  • G’n troue tussen DA en EFF, sê Zille

  • OB-verslag dalk uitgesluit

  • President op 24 Mei beëdig

  • Sjimpansee word vanjaar sewentig

  • Dozi se ‘hondekind’ tjank toe hy hom sien

  • Ploffende asteroïede mis aarde net-net

  • Pret terug in politiek met ware Jakob van selfoonspeletjies

  • SA onnie dood in Thailand aangetref

  • AfriForum kan Saru by IRR verkla

  • Moordsaak uitgestel vir tolk

  • ANC-appèl teen DA se Zuma-SMS Vrydag voor

  • Cyril kan president word, sê Meyer

  • Weermag se begroting ‘móét styg’

  • Egpaar erken hul dade in hof

  • Geliefde geleerde se dood ’n ‘verlies vir hele land’

  • Renosterstropers ‘is ryk en gulsig’

  • ‘Ons sal Steven Britz nooit vergeet nie...’

  • Raad staan by MyCiTi-datums

  • SA egpaar se drie kinders dood in hul Londen-huis

  • Limpopo-paartjie sterf toe vliegtuig naby Prieska val

  • Speler van Pirates in die hof

  • NW-boer verloor 35 renosters

  • Mpofu se aanvallers skuldig

  • Vrou slaag met aansoek om ontslag

  • Gys Steyn ‘verlig’ oor sy graad

  • Hoë se horlosie‘is vervals’

  • ‘Amerika sal Japan verdedig’

  • ‘Oekraïne pleeg ’n misdaad’

  • ‘Staatsgetuie kan nie geglo word’

  • Peters mor oor geld vir slaggate

  • Glynnis Breytenbach in DA-optog om premier ‘kennis te gee’

  • NVG vervolg nie oor Paarl Print

  • NWU vereer 3 vir kommentaar

  • Vrou eis ná aanval deur eend

  • Iranse leier in pekel oor dinee

  • ‘Ek wou nie van die seks weet’

  • People wys sy mooiste aan

  • Drew is nou ma van twee dogters

  • Man in hof ná vierjarige se dood

  • Koerant het vyf finaliste vir pryse

  • Gemoedere loop hoog by radiodebat

  • Man sterf toe vragwa op N2 omslaan

  • Gedienste erwe vir 420 families

  • Nuwe bloed vir baba-Bokke se stryd in Nieu-Seeland

  • Ondersoek sloer reeds 18 maande

  • Van Taipei Kaap toe – op ’n fiets

  • Hulplyn vir skole help duisende

  • ANC-hoës weier om onder eed vrae oor kontrakte te antwoord

  • Staat se getuie 'onbevoeg', sê rockster se regsman

  • Een van vyf beskuldigdes in Gumtree-saak vry

  • 'Onskuldig' - Johannes Kana skryf sy weergawe

  • Prins William en Kate besoek rowwe buurt

  • Koop plakkies en red sjimpansees

  • Bekende geohidroloog skielik oorlede

  • Nog geen besluit oor Mdluli se lot

  • Koninklike besoek aan Ayers Rock eggo die verlede

  • Hupstoot vir toerisme in Uniondale met nuwe kantoor

  • Vervoerplan vir eers uitgestel

  • ‘April is ’n nederige atleet’

  • Vrou erken hond is mishandel

  • Diewe buit rekenaars van R160 000 by NMMU

  • Tot 1 m. uit Sirië in Turkye

  • Mugabe se salaris ‘is gesny’

  • Doen iets, sê Biden aan Russe

  • Blomme, musiek vir Marquez

  • Laerskool Vredendal kuier in Kaapstad

  • Huise ná lang wag oorhandig

  • Regter beslis vandag oor ontslag in Gumtree-moord

  • Bank slaan vure dood ná twiet

  • Twee mans voor ná moord op polisieman

  • Man ‘kap sy ouma dood’

  • Seun maak eerste noodoproep

  • Nog geen besluit oor Mdluli se lot

  • Luilekker in die son

  • Duikbootjie gee nie op met MH370

  • Vlieënier eers later geëien

  • ‘SAUK voer’n veldtog teen ons’

  • Fransman se verkiesingspraatjies ’n skande – Meyer

  • Miljoene gegee vir stryd teen stropery

  • ‘Die wêreld’ verwag as dorp Grietjie groet

  • Boervrou nie meer vervolg ná skote

  • Polisie vat die spoor ná lid sterf toe groep losbrand

  • ‘Polisie het misluk met ingryping by Marikana’

  • Negejarige sterf ná vragmotor hom tref

  • Inbreker by winkel geskiet

  • Rademan neem die leisels oor

  • Vlugteling is deur riviere vir sy graad

  • RSG-verkiesingsdebat vanoggend om 07:00 uit Conville uitgesaai

  • Cope wil George-raad se naam verander

  • ‘Moolman haal nou self asem’

  • Polisie vra hulp ná beweerde bestialiteit

  • Kankergevaar skuil dalk in Brasiliaanse haarmiddels

  • Google stel webportaal vir verkiesing bekend

  • Boervrou nie meer vervolg ná skote

  • Valke glo warm op spoor van horingdiewe

  • Mosselbaai wil vanjaar nóg groter sportfees hou

  • DG en sy adjunk op verpligte verlof

  • Kom kyk na dié katte vir ’n goeie doel

  • Omstrede figure sal weer lei ná 7 Mei

  • Sjerpas word vergoed

  • Motlanthe kap swak onderwys

  • ANC span lojale kaders in

  • Zuma slaan apartheid-trom

  • Is dit ’n leeu of pa wat snork?

  • Vrou pleit vroeër by man om wapen ‘weg te maak’

  • 138 mans op parool ‘weg’ in Wes-Kaap