Kaapstad Verander Area
  • Vandag

    26°C / 15°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 36%

  • Dinsdag

    27°C / 12°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%

  • Woensdag

    21°C / 14°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 69%

  • Donderdag

    23°C / 12°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 61%

  • Vrydag

    21°C / 13°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 69%

  • Saterdag

    18°C / 11°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.5mm

    Humiditeit 68%


Mandla se ‘Nkandla’

Niemand mag glo by toeriste-oord ingaan nie

Verslagspan
Woensdag 03 Julie 2013

JOHANNESBURG. – Mandla Mandela, oudpres. Nelson Mandela se kleinseun en stamhoof van Mvezo in die Transkei, word daarvan beskuldig dat hy ’n gemeenskapstrust kaap en persoonlik munt slaan uit die uitgebreide infrastruktuur-ontwikkeling in dié nedersetting.

In die laaste drie jaar het die departemente van toerisme, landelike ontwikkeling en gesondheid saam reeds minstens R200 miljoen bestee om die infrastruktuur in en om Mvezo dramaties te verbeter.

Die Mvezo-ontwikkelingstrust, waarvan Mandela jr. ’n trustee is, sal die kultuursentrum van R43,2 miljoen einde vanjaar by die departement van toerisme oorneem. Die opbrengs is veronderstel om die arm inwoners van die omgewing te bevoordeel.

Dit het uitgebreide huisvesting, ’n museum, ’n konferensiesentrum en ’n restaurant.

Mtshutshisi Tyalakhulu, ’n voormalige trustee, het gesê Mandela jr. het die plaaslike gemeenskap geboelie en sonder behoorlike konsultasie besluite namens die trust geneem.

Hy het Mandela jr. daarvan beskuldig dat hy die trust vir eie gewin gebruik, iets wat die stamhoof ontken.

“Toe sommige van ons sy besluite en die feit dat hy banktransaksies sonder die teenwoordigheid van ander trustees aangaan bevraagteken het, is ons uitgeskop,” het Tyalakhulu gesê.

“Sy bestuurders het vir my en David Nokayi (’n ander trustee) gesê ons is vervang. Dit is duidelik dat hy die gemeenskap gebruik om geld na die trust te trek en dit dan self beheer.”

Tyalakhulu en twee ander trustees het Mandela jr. in 2011 voor die hof gedaag om die ontwikkeling te keer, maar het op ’n tegniese punt verloor.

Freddy Pilusa, Mandela jr. se woordvoerder, het gesê die gemeenskap is tevrede met die Mvezo-ontwikkelingstrust omdat dit werk. “Dis ontevrede mense wat media-aandag soek wat kla. Die rede waarom die ontwikkeling gesluit is, is omdat daar nog gebou word.”

Die oord herinner aan Nkandla met meer as tien rondawels, ’n reuse-herehuis met ’n grasdak en nog twee groot grasdakgeboue. Die departement van toerisme het ontken dat die regering Mandela jr. se private woning finansier.

Bouwerk aan nóg geboue word gedoen en ’n veiligheidsheining en hek is onlangs opgerig. ’n Splinternuwe plaveisteenpad kronkel sowat 12 km ver van die N2 tot by die reuse-oord waar Mandela jr. bly. Verder is dit ’n slegte grondpad.

In opdrag van Mandela jr. het nie eens Mvezo-inwoners toegang tot die kultuursentrum nie. Twee aggressiewe gesante in ’n bussie waarop Mvezo Cultural Experience staan, het joernaliste gister die plek belet.

“Julle kan net ingaan as julle hier werk,” het ’n informele hekwag gesê en bygevoeg hy weet dit is ’n regeringsprojek, maar Mandela jr. het opdrag gegee dat niemand daar mag ingaan nie. Die departement van toerisme was nie bewus van die toegangbeheer nie en het gesê die saak sal opgevolg word.

“Die omheining is deel van ons projek, maar toegang tot die hek is deur die stamhoof ingestel en omdat die grond nie aan die departement van toerisme behoort nie, het ons nie ’n sê oor wie toegang daartoe het nie,” het ’n departementele woordvoerder gesê.

Inwoners van die nedersetting wou gister nie met

Die Burger praat nie. “Mandla het almal op Mvezo verbied om met enigiemand te praat,” het ’n vrou met ’n vrag hout op haar kop gesê. Verslagspan: Thanduxolo Jika, Pieter Steyn en Pauli van Wyk.



  • Taxibestuurders betoog oor boetes

  • misdaad

    Ses'khona-lede in hof oor geweld

  • Supermotorklub met gebrul van enjins ingewy

  • Nóg een val hom dood by Tukkies

  • misdaad

    Matie verkrag: US skuif sewe studente uit huis

  • Luister: Niekie van den Berg nou deel van Netwerk24-span

  • misdaad

    DOV kyk na Ozrovech-dossier

  • gesondheid

    Vrou (78) is kampioen in 100 m

  • WP-slot breek sy nek in o.21-stryd teen Bulletjies

  • omgewing

    ‘Vullis het potensiaal vir werkskepping’

  • Skoolboeke wag nou op goue Gézelle

  • Hantam-vleisfees kroon ook sy Sterkman

  • politiek

    Jesus moet weer kom – JZ

  • politiek

    Cyril waarsku amptenare oor steel

  • misdaad

    Tyd raak min vir Don om appèl in te dien

  • streeknuus

    Musieklegende Ollie Viljoen sterf

  • gesondheid

    Joost ‘dink nie aan doodgaan’

  • Stellenbosch nou die groenste in die land

  • onderwys

    Private skole: Mark groei met 6,7% p.j.

  • Raad bekyk klag teen aanklaers

  • Jong ‘samaritaan’ brand dood in huis

  • politiek

    Dié week in die politiek

  • misdaad

    Weermag ‘nie regverdig’ in poging om van 664 ontslae te raak

  • politiek

    President se eerste 100 dae ’n ramp, sê DA

  • misdaad

    Saak hof toe agt jaar ná onthulling

  • misdaad

    Rowers buit Karlien se hekgeld oggend ná konsert

  • SA se goue dogter kry helde-ontvangs

  • politiek

    OB wil verdeeldheid saai – Sadou

  • politiek

    DA besin oor bekendmaking van bande

  • politiek

    Speaker mis EFF se spertyd oor skorsing

  • wereld

    Dertien sterf in Somalië

  • wereld

    Meisie (16) wou in Sirië veg

  • wereld

    ‘Moenie met Russe mors nie’

  • misdaad

    ‘Dokters is vreesbevange’

  • Blou Bulle teen WP – Vir Joost en Tinus (Afskop 17:05)

  • Hier kom uiteindelik ’n lekker petrol-verligting!

  • Heuwels Fantasties, Navi Redd: Studentepret kan lei tot sukses

  • politiek

    EFF, VF Plus staan saam

  • Numsa pak ‘stilswye oor Nkandla’

  • ‘Beswaddering van die OB beklad ANC én die land’

  • wereld

    Lugruim bo vulkaan weer oopgestel

  • ‘Ek kon duidelik sien hierdie ou het iéts...’

  • Departement sê SOE ‘moet spoed optel’

  • wereld

    Hamas ‘sal nie heilige wapens neerlê’

  • Geen Afrikaans krap vele erg om

  • Daryl Impey bewys sy onskuld oor opkikker

  • Mandaat vir komitee aanvaar

  • Pugh word eerste mens wat deur al sewe seë swem vir VN-veldtog

  • gesondheid

    Nuwe model maak proses goedkoper

  • Bladmusiek van volkslied opgeveil

  • wereld

    Soektog nadat Jehovasgetuies glo hul seun (5) uit hospitaal ontvoer

  • wereld

    Shakira is swanger

  • wereld

    Rivers se dogter vra bid vir ma

  • onderwys

    ‘Hou huis kalm voor matriekeksamens’

  • Kommissie se aanbeveling oor taal gekap

  • ‘Honderde’ bel oor hul nie Afrikaans hoor

  • wereld

    Dié siektes kos China miljarde

  • Dokter hoor later oor appèl

  • politiek

    AfriForum stig ’n tak in George

  • ‘Nêrens ’n haai te bespeur’

  • wetenskap

    Dié vlieënde robotte leer uit hul ervaring!

  • politiek

    Tutu loof adv. Thuli se werk

  • ‘Praat teen môre of ons gaan hof toe’

  • misdaad

    Kaapstad 'n dwelm-metropool - verslag

  • wereld

    Ouers ‘vat’ glo hul kind

  • wereld

    Brittanje verhoog waarskuwing teen terrorisme

  • misdaad

    Verkragting bly spook by dokter

  • 'Numsa kan staak as Zuma nie Nklandla-geld teruggee'

  • Outa verwelkom Kaapse hofbeslissing

  • Speaker 'moet plan laat vaar om EFF te skors'

  • misdaad

    Onderwyser onskuldig

  • politiek

    Numsa dreig met massa-aksie

  • Ek is g’n spook – Thuli

  • ‘Mylpaal in die regstelsel’

  • NVG onder skoot

  • Joost droom van sentrum vir siekte

  • politiek

    AfriForum dien klagte in teen ANC-hoës

  • Zuma en regspan kry ‘les’ in litigasie

  • Mandaat gaan twispunt wees

  • Makhanya skuld staat niks geld nie, sê sy regsman

  • Minister wil nie sê oor Marikana

  • politiek

    Net die kiesers kan ons skors, sê Malema

  • wereld

    Brad en Angelina trou stil-stil in Frankryk

  • wereld

    Hello Kitty is glad nie ’n kat, maar ’n meisie

  • Groot beloning vir dié brakkie

  • misdaad

    ‘Oscar-speurder’ ontken skuld

  • owereld

    ’n Kat vir geluk in nuwe huis

  • wereld

    Rivers na hospitaal gehaas

  • omgewing

    Opnuut kommer oor leeus

  • gesondheid

    Dié slaappil help glo vir breinskade

  • SA vrou oorsee in sop

  • Robert Redford is versot op SA se chenin blanc

  • misdaad

    Skote op taxi: 3 van polisie in hof

  • Drie onttrek aan Seriti-kommissie

  • gesondheid

    WGO se ‘padkaart’ wil Ebola-verspreiding keer

  • AfriForum tree in bres vir adv. Thuli

  • Krabbel ‘open paaie in jou brein’

  • Pta-straat se naam dalk Mao Zedong

  • misdaad

    Saak teen bekende prokureur laat vaar

  • ‘Almal’ oor kameelperd se dood verkla

  • omgewing

    Afrika se kinders leer by avonturier oor renosterstropery

  • omgewing

    Skaliegas ‘word veilig ontgin met regulasies’

  • misdaad

    Mariëtte Becker en afperser skik nié

  • gesondheid

    Dokter met Ebola na Duitsland

  • wereld

    Meisie (9) skiet haar afrigter

  • wereld

    Omstrede hemp onttrek

  • misdaad

    Saak teen Hilton Botha word later hervat

  • gesondheid

    ‘Moenie antibiotika misbruik nie’

  • Lughawe se status oorweeg

  • Man (82)raak wild op vlug

  • Russies-Afrikaanse woordeboek op pad

  • politiek

    Minister wil nie sê oor eersteklaskaartjie

  • politiek

    ‘Rooi gevaar’ begroet EFF

  • politiek

    ANC ‘sal baie steun verloor weens e-tol’

  • Span SA dokters op pad om in Gasa te help

  • Nigerië se oudste predikant sterf