Kaapstad Verander Area
  • Vandag

    19°C / 12°C

    Wind 28km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 77%

  • Woensdag

    19°C / 13°C

    Wind 29km/h

    Reënval 0.6mm

    Humiditeit 76%

  • Donderdag

    20°C / 11°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 66%

  • Vrydag

    16°C / 11°C

    Wind 32km/h

    Reënval 0.8mm

    Humiditeit 61%

  • Saterdag

    17°C / 10°C

    Wind 40km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 58%

  • Sondag

    20°C / 11°C

    Wind 27km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 46%


Leeu byt vrou en sleep haar by hok in

Buks Viljoen
Woensdag 03 Julie 2013
Lauren Fagen, ’n 18-jarige Kanadees, is deur ’n leeu aangeval terwyl sy hom glo gevoer het. Foto: verskaf

NELSPRUIT. – ’n Droom om met wilde diere te werk het ’n dramatiese wending vir ’n 18-jarige Kanadees geneem toe sy naby Hoedspruit deur ’n leeu aangeval is.

Lauren Fagen van Montreal, Quebec, moes eergister om haar lewe veg toe Duma, ’n leeumannetjie by die Moholoholo-rehabilitasiesentrum, haar by sy hok probeer insleep het.

Sy het glo die leeu gevoer toe hy skielik sy poot deur die tralies steek en haar aan die regterbeen beetkry.

“Ek kon nie nie glo wat gebeur nie, veral omdat hy oomblikke tevore nog vriendelik met sy kop en lyf teen die tralies gedruk het, so asof hy wou hê ek moet hom vryf,” het Fagen gister vertel.

Terwyl hy haar aan die been nader gesleep het, het sy hom met die linkerbeen probeer wegskop.

In ’n stadium het hy haar ook aan die ander been gegryp en haar bene deur die tralies getrek.

Hy het ook sy kake by haar linkerbeen ingeslaan.

Sy slagtande het ’n hoofslagaar in haar lies rakelings gemis.

“Ek het verskriklik geskree en alles het voor my verdof.

“Ek het eers weer besef wat aangaan toe ander vrywilligers nader storm.

“Was dit nie dat iemand die leeu met ’n stok geslaan het nie, kon ek baie seerder gekry het.”

Duma het haar toe laat los en sy is na veiligheid gesleep.

Sy het noodbehandeling op die toneel gekry voordat die LifeMed-ambulansdiens haar na die Mediclinic Nelspruit geneem het.

Hier het sy tientalle steke gekry om die skeurwonde te heg, het Liza Pillay, woordvoerder van die hospitaal, gesê.

Fagen het gesê sy was van kleins af ’n diereliefhebber en wou graag met wilde diere werk.

Toe sy die geleentheid kry om as vrywilliger by Moholoholo, een van die bekendste rehabilitasiesentrums in die land, te werk, het sy dit aangegryp.

Sy sou einde Julie teruggaan Kanada toe.

“Ek sal regtig graag my sessie by Moholoholo wil voltooi. Maar ek is nou ’n bietjie bang vir leeus en onseker hoe ek sal reageer as ek weer daar kom.

“Ek hoop dat ek teen dan Duma sal kan vergewe,” het sy gesê.

Brian Jones van Moholoholo het gesê hulle waarsku vrywilligers gereeld om uiters versigtig te wees omdat hulle met wilde diere werk.

Hy het gesê daar gaan nie teen Duma opgetree word nie.



  • SR ontstoke oor twee Maties wat gesigte swart smeer

  • Groot herrie ná twee Maties gesigte swart smeer vir partytjie

  • Nuusdag met Niekie: Johannesburg se water is op

  • gesondheid

    Dieetmiddel se gevolge skrikwekkend

  • ‘Brand my, skiet my, kry my net uit!’

  • politiek

    Bande: Dis nie volledig, sê DA

  • misdaad

    Polisie laat 736 in jaar sterf

  • onderwys

    Lys van top-20 beste skole iets van die verlede

  • misdaad

    Skok-inligting oor SA se kindermoorde

  • wereld

    Lagos: ‘Familie wag beangs’

  • Skwat­sha vra moratorium

  • Davison help arts van SA sterf

  • Nuwe forum met leiers uit alle sektore

  • SA kry 8 kernreaktors, verbruikers moet opdok

  • wereld

    Volgende stap: Bring oorskot terug

  • wereld

    Vrou wou by Joshua hoor oor haar seun

  • Gigaba sal sê oor visumregulasies

  • Posstaking benadeel e-handel

  • wereld

    Migrante tameletjie vir Europa

  • SA oorlewendes van kerkramp terug op eie bodem

  • gesondheid

    Ebola knou toerisme al is SA hóé ver

  • wereld

    Brakkie 5 000 km weg gekry

  • Wind pla Otter-veldwedlopers

  • omgewing

    Wilskrag, nié horing

  • Meer as duisend kinders jaarliks vermoor

  • misdaad

    Prokureur, lid van Valke vas vir 'renosterstropery'

  • Lingerie: So baie oë, so min klere

  • 'Oscar-polisieman het geskiet om roekelose taxibestuurder te stuit'

  • ANC vra vir orde sodat hoës vrae kan antwoord

  • Kerkramp: 3 beseerdes se bene geamputeer

  • Betogings, bendes, Wes-Kaapse polisie se 'groot kopseer'

  • Asiel-aansoek: Wit SA egpaar bevrees ná Zuma se 'Skiet die Boer'

  • Boer se lyk steeds nie tuis

  • Wêreldrenosterdag: 3 van SANParke vas oor stroping

  • Fraserburg betoog want Absa kies koers

  • Kerkramp-oorlewendes land in SA

  • politiek

    Zuma ‘werk nie saam’

  • Nuusdag met Niekie: Suid-Afrikaners het rede om onveilig te voel

  • Gru-botsing eis sanger se seun

  • wereld

    Joshua probeer glo joernaliste omkoop

  • ondersoeke

    SA, Nigerië betrek by geld vir wapens

  • Reënboog-advertensie blink uit by Loeries

  • misdaad

    G’n hulp, ‘want dis net nog ’n boer se dogter’

  • politiek

    ‘ANC-voorstel bedreig demokrasie’

  • Brand verwoes bekende Tankwa-padstal

  • Parlementêre komitee kuier by Taalmonument

  • Langasems spook dit uit in Otter-veldloop

  • omgewing

    Brande eis sesde slagoffer

  • ‘Kaapse dokter’ net té sterk vir regatta

  • omgewing

    Vrou praat oor groot vrede na man, seun se branddood

  • Wedloop was ‘moeilik, maar mooi’

  • misdaad

    Rowers slaan toe op bekende juwelier

  • Plato eis gereelde syfers oor misdaad

  • onderwys

    Eindeksamen op ys oor pad

  • Kaalvoet oefen beste vir netbalspelers

  • politiek

    Ramaphosa ‘gaan help’ weer Lesotho

  • Cosatu kap Agri SA oor hy minimum plaas-loon nie steun

  • politiek

    Dié week in die politiek

  • ‘Help ons,’ vra Riah

  • misdaad

    W-Kaap se polisie ‘op die agtervoet’