Kaapstad Verander Area
  • Vandag

    20°C / 12°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 61%

  • Dinsdag

    22°C / 14°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 65%

  • Woensdag

    20°C / 12°C

    Wind 27km/h

    Reënval 5.0mm

    Humiditeit 72%

  • Donderdag

    16°C / 12°C

    Wind 44km/h

    Reënval 25.6mm

    Humiditeit 74%

  • Vrydag

    17°C / 11°C

    Wind 22km/h

    Reënval 2.8mm

    Humiditeit 61%

  • Saterdag

    19°C / 12°C

    Wind 27km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 56%


voorval in kaap op r300

‘Kapers gooi man van brug’

Motor in Kimberley opgespoor

Blanché de Vries
Vrydag 14 Junie 2013
Die R300-brug by die N1-kruising.

KAAPSTAD. – Kapers het glo ’n man van die R300-brug afgestamp – hy het nie gespring nie.

Hy het sowat 15 m ver na sy dood geval.

Só het Luis de Faria (42) se vrou, Tania (41), gesê nadat sy gisteroggend deur die polisie in kennis gestel is dat haar man se lyk die een is wat Woensdag in ’n sloot langs die N1 gelê het.

Tania het haar man Woensdagoggend laas gesien toe hy in haar motor van hul huis in Welgemoed vertrek het. “Die polisie het gesê die motor is deur twee mans en ’n vrou gekaap. Hulle het daarna sy lyk by die R300-brug afgegooi,” het sy gesê.

Luis, wat sy eie onderneming uit sy huis bestuur het, was Woensdag op pad Kaapstad toe, het sy gesê.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het gister gesê die lyk is Woensdag omstreeks 12:00 gevind. “Ooggetuies wat deur die polisie ondervra is, het bevestig dat hulle ’n man van die brug sien val het.”

’n Geregtelike doodsondersoek is geopen, maar die voorval word tans as ’n moontlike moord deur die polisie ondersoek. “Alle leidrade en inligting word opgevolg.”

Die vermiste voertuig, ’n silwer Opel Zafira, is gisteroggend in Kimberley gevind en drie mense is in hegtenis geneem in verband met die besit van moontlik gesteelde goedere.

“Geen verdere inligting kan in dié stadium bekend gemaak word nie. Die ondersoek is in ’n baie sensitiewe stadium,” het Van Wyk gesê.

Die De Farias het twee seuns en ’n dogter.

“Onder die omstandighede gaan dit goed, maar die kinders is baie emosioneel,” het Tania de Faria gesê. Sy wou daarna geen verdere kommentaar lewer oor haar man of die voorval nie.

Sy het wel gesê: “ ’n Regstelling oor sy dood moet geplaas word. Hy het nie afgespring nie. Dit wat gepubliseer is, is nie waar nie.”

Die Burger het gister berig die polisie ondersoek die dood van ’n man wie se lyk in ’n sloot onder die R300-brug langs die N1 gevind is nadat hy, volgens polisie-inligting, na bewering van die brug afgespring het. Ander media het berig die oorledene is ná ’n argument met ’n vriend afgestoot.

Enigiemand met inligting of wat kan help met die ondersoek, kan lt.kol. Hanlie Theron by 076 983 5425 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.



  • Plaasmoorde, menseregteskendings bekyk (twiets)

  • Kaapstad weer dié bestemming in Afrika

  • misdaad

    Aan brand gesteek – deur my seun

  • onderwys

    ‘Kondome nie vir kind’

  • owereld

    Man gee voor hy is vroulike generaal

  • politiek

    JZ-bome kos jou R1,6 m.

  • Nonu na hospitaal, los eers trui vir Jean

  • INVICTUS HARRY SE BESTE VERJAARSDAGGESKENK

  • NS-pers swaai Bokke lof toe

  • Du Plessis ‘in gat groter as Kimberley s’n’

  • misdaad

    SA hof het Reeva verraai, sê halfbroer

  • onderwys

    Kolleges kom vir dié wat nooit op skool was

  • onderwys

    Meer as 7 m. skryf ANA’s

  • ondersoeke

    Kango-grotte is 'skadu van sy ou self'

  • gesondheid

    SA het 8ste meeste selfdode

  • onderwys

    Kinders spring in as ‘leerkragte’

  • politiek

    Nakasa in Durban ter ruste gelê

  • Voorman wen goud én brons in Kanada

  • misdaad

    Nog g’n heining waar kind sterf

  • omgewing

    ‘Pluk eerder in die middag’

  • misdaad

    Uitspraak voorbehou in Scholtz-saak

  • wereld

    SA diamant in Amerika uitgestal

  • wereld

    ‘Dank God ek het nog my linkerhand’

  • ‘Bertie’ wou uit hospitaal glip vir optrede

  • onderwys

    Ateïsme is ook ’n geloof, sê Colditz

  • wereld

    ‘Ons sal hulle jag, laat boet’

  • ondersoeke

    ‘Maak besluit openbaar’

  • gesondheid

    Ebola eis dokter ondanks ‘beste’ hulp

  • wereld

    Duisende Skotte wys steun vir ’n Verenigde Koninkryk

  • wereld

    Siektes gevrees ná erge reën

  • Filippynse veerboot kantel om

  • wereld

    Winehouse met beeld vereer

  • ‘Ontleed veiligheidsituasie weer’

  • misdaad

    Hy sal weer kan deelneem . . .

  • misdaad

    Tronkstraf van tot 15 j.

  • wereld

    Rus in vrede, Zeus

  • misdaad

    Hoe Oscar losgekom het

  • misdaad

    Maqubela wag nog vir hospitaal

  • misdaad

    Skuldig oor daad met 7-jarige

  • Immigrasie-voorstelle ‘sal oorweeg word’

  • wetenskap

    ‘Son-uitbarsting geen gevaar vir mensdom’

  • Nat kry rusplek ‘ná jare van pyn’

  • ‘Wie gaan vandag die dolk indruk?

  • wetenskap

    Brits onder top-wetenskapjoernaliste in SA

  • Jong man lewend uit vliegtuigwrak gehaal

  • misdaad

    Nuus word nou v.O. en n.O.

  • misdaad

    Waarom Masipa so besluit

  • misdaad

    June: ‘Ek glo dit nie’

  • gesondheid

    Kaapse vrou ‘het nie Ebola’

  • Oscar: Só twiet bekendes

  • Pistoriusse is 'innig dankbaar', sê Arnold

  • Metrorail sloer met heinings na kind op spoor sterf

  • Oscar se oom praat (twiets)

  • Nkandla-verslag: 'Zuma en familie is verryk'

  • Parool vir Becker gou bekyk

  • Kiesling-moorde: 'Ons soek antwoorde'

  • misdaad

    Bendebedryf: Speurder en ma aangekeer