Kaapstad Verander Area
  • Vandag

    20°C / 10°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 65%

  • Dinsdag

    20°C / 13°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 62%

  • Woensdag

    21°C / 13°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 55%

  • Donderdag

    20°C / 14°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 74%

  • Vrydag

    24°C / 14°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 51%

  • Saterdag

    19°C / 13°C

    Wind 33km/h

    Reënval 0.5mm

    Humiditeit 76%


‘Ek is trots op my soldate’

Kolonel vertel van dapperheid in Slag van Bangui

Dana Snyman
Vrydag 10 Mei 2013
Die Slag van Bangui in die Sentraal-Afrikaanse Republiek was een van die hewigstes waarby Suid-Afrikaanse soldate al betrokke was. Dana Snyman het gesels met kol. William Dixon, wat in bevel van die soldate was.

VIR kol. William Dixon is die Slag van Bangui in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) nog nie heeltemal verby nie. Hy dink nog knaend daaraan.

“Ek is trots op my soldate,” sê hy. “Daar was nie een geval van die weiering van wettige opdragte of van lafhartigheid nie. Nie een van hulle het weggehardloop nie.” Anders as die SAR se presidensiële soldate, wat glo gevlug het toe die eerste skote klap.

“Ek weet nie hoekom is die publiek so negatief oor ons soldate nie. Mense sal verbaas wees as hulle sien hoe patrioties en toegewyd ons soldate is.”

Dixon het besluit om die eerste keer sy storie te vertel, want in die laaste ruk is allerhande, volgens hom, onwaar bewerings gemaak oor die Slag van Bangui, soos dit in die binnekringe genoem word.

“Party mense sê ons het teen kindersoldate geveg. Dis nonsens, man. As daar kinders op die slagveld was, het ek hulle beslis nie gesien nie.”

Dis ’n koel Saterdagoggend, presies drie weke ná die slag, en ons sit aan ’n tafeltjie in ’n restaurant in Centurion in Pretoria. Langs hom sit sy vrou, Brenda, met wie hy al meer as 20 jaar getroud is.

Ammunisie

“Ander sê weer ons het nie genoeg ammunisie gehad nie. Dis ook snert,” sê Dixon. Hy rits die name af van die wapens en hoeveel ammunisie gebruik is: Sowat 12 000 skote is met 12,7 mm-masjiengewere geskiet en meer as 200 mortierbomme is gelanseer. Dan was daar nog die sowat 60 vuurpyle en die derduisende skote wat met die kleiner masjiengewere geskiet is.

Die gesaghebbende militêre kenner Helmoed-Römer Heitman meen die Slag van Bangui is een van die hewigste veldslae waarby ons weermag al betrokke was.

Dixon (48) stem saam. Hy is al die afgelope 31 jaar ’n beroepsoldaat. Eers was hy in die infanterie; later by 1 Valskermbataljon in Bloemfontein. Hy het lank diens gedoen in die operasionele gebied in die ou Suidwes en Angola. Hy hét al voorheen oorlog gesien.

“Bangui was ’n skrikwekkende ervaring.” Hy laat sak sy kop en kyk na sy hande wat voor hom op die tafel rus.

Die slag het die Vrydagmiddag begin. Die Sondagoggend, toe ek ná ’n bietjie rus opstaan, het ek nie gedink ons gaan oorleef nie. Ek het in die donker gestaan en bid, en gesê: ‘Hemelse Vader, as U my vat, vat my gou.’ ”

Hulle was omsingel deur tussen drie- en seweduisend rebelle.

Dixon is in Januarie vanjaar na die SAR gestuur. Hy en sy sowat 200 soldate het opdrag gehad om die reeds ontplooide Suid-Afrikaanse Weermag-kontingent daar te gaan bystaan. Oor die politiek rondom die SANW se betrokkenheid in die SAR wil hy hom nie uitlaat nie. Hy is ’n soldaat, nie ’n politikus nie.

Aanvanklik het alles taamlik kalm en rustig verloop by hul basis in Bangui, die hoofstad van die SAR.

“Die bevolking het ons met ope arms ontvang. Drie plaaslike mense het ook as arbeiders vir ons in die basis gewerk. Een se naam was Lucienne. Hy was so ’n kortetjie, met yslike groot voete. Hy het altyd plakkies gedra.”

“Vertel van die predikant,” por Brenda hom aan.

“ ’n Plaaslike predikant het vir ons kerk kom hou. Ons het later vir hom twee blikke verf geskenk sodat hy sy kerk daarmee kon verf. Baie van my soldate is toegewyde Christene.”

Slag van Bangui

Maar mettertyd het die spanning in Bangui en die res van die land toegeneem. Die sogenaamde Seleka-rebelle was besig om die beheer van die land oor te neem, en Francois Bozizé, die land se president, het na Kameroen gevlug.

En toe, op Vrydag 22 Maart, breek die geveg tussen die Seleka-rebelle en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-kontingent uit – die geveg waarin 13 Suid-Afrikaanse soldate dood en 27 gewond of beseer is. Die Slag van Bangui.

“Die soldate wat dood is . . . ” Dixon bly ’n rukkie stil en verander dan die gesprek se rigting. “Ek het vir drie dae byna niks geslaap nie. Jy gaan net aan en aan. By tye was ons en die rebelle teenaan mekaar.

“Al my soldate was swart. Daar was net een wit outjie. Smittie. Smittie en so ’n groot Portugees, Blackbox, was buddies. Blackbox was in 32 Bataljon. Hy en Smittie was verantwoordelik vir die veiligheid van die HK-voertuig waarop ek was. Hulle is onafskeidbaar, Smittie en Blackbox.

“Op ’n kol, toe dit ’n bietjie stiller gaan, sê Smittie vir my: ‘Kolonel, my mes is weg.’

“Ek dag toe: ‘Smittie, ná alles wat gebeur het, gee ek nie ’n donner om wat met jou mes gebeur het nie. Maar ek vra toe maar: ‘Nou wat het met jou mes gebeur, Smittie?’

“Toe antwoord Smittie: ‘Ek het dit in iemand se borskas in gedruk en toe vergeet ek dit daar, kolonel.’

“Smittie het nie ’n cowboy probeer wees nie. Dís hoe naby ons aan die vyand gekom het. Een van die rebelle wou Smittie met die geweer se kolf slaan.”

Y-kruising

Die 13 soldate is almal by die sogenaamde Y-kruising doodgeskiet. Dit is buite Bangui waar die pad na Damara uitdraai. “Die geveg by die Y-kruising was hewig. Een van my sersante het daar ses rebelle geskiet, terwyl hy self swaar in die been gewond is. Ons het hom aanbeveel vir ’n medalje.”

’n Finale besluit moet nog geneem word, maar daar word aanbeveel dat minstens 20 van die soldate wat aan die slag deelgeneem het, ’n hoë eerbewys vir dapperheid en leierskap ontvang.

“Ons kon nie dadelik al die lyke uit die gebied naby die Y-kruising kry nie. Ons het teruggeval na die basis toe, en toe is ons omsingel. Die rebelle was goed bewapen. Hulle het buitelandse hulp gehad.

“Die Sondagoggend, toe ek daar in die basis staan en bid, toe kom Lucienne by my. ‘How are you?’ vra ek hom. Toe bars hy in trane uit. Hy huil dat hy so snik, want hy het van ons soldate geken wat geskiet is.”

Later die Sondag het van die rebelleleiers na die basis gekom en met Dixon-hulle begin onderhandel vir ’n skietstilstand. Teen nege-uur die aand was die geveg verby.

“Ek het net een keer gehuil in die hele storie. Dis toe ek in die siekeboeg kom ná die tyd. Weet jy hoe lyk ’n slagplaas? Dis hoe ’n siekeboeg lyk na só ’n slag.

“Dit was ook ’n gesukkel om al die lyke te kry. Ek het my laaste 140 euro’s vir ’n burgerlike gegee wat kom sê het hy kan een van die lyke vir ons bring, mits ons hom betaal. Toe gee ek vir hom die geld en sê: ‘Dè, vat die geld. Bring net my man vir my.’ ”

Hoewel daar in die SAR selfoonontvangs was, was daar tydens die slag nie veel tyd vir Dixon en sy soldate om Suid-Afrika toe te bel nie.

“Ek het my bevelvoerder in Suid-Afrika gebel,” sê Dixon, “maar ek het vir hom gesê hy moet nie vir Brenda sê wat is besig om te gebeur nie.”

Hy en Brenda het die gewonde soldate wat na 1 Militêre Hospitaal in Pretoria gebring is, gereeld gaan besoek. Brenda het selfs vir hulle pannekoek gebring. Hy en Brenda het ook die begrafnisse van die gesneuwelde soldate bygewoon.

“Ek het persoonlik met hul gesinne gaan praat. Die ouers met wie ek gepraat het, was nie een vol haat of woede teenoor die regering nie.

“Ons het ’n taak gehad om te doen en ons het dit goed gedoen.”



  • Chad se medalje aan ouers ‘baie spesiaal en onverwags’

  • Jou graad in Afrikaans

  • Hamas ‘verbreek self skietstilstand’

  • Ras kan tel vir grondkopers

  • MRK verwerp sangers Bridges en Hofmeyr se klagtes

  • Reënweer gee eers pad, sonskyn wag dié week

  • Nkandla: ‘Nuwe komitee kom’

  • Nóg stap uit wapenkommissie

  • Student (22) bo in 160 km-rit

  • Vele bedank oor pensioenvrese

  • Wêreld wil Sirië militêr vasvat

  • Einde van stryd stemmig gevier

  • Meisie (15) ‘onthoof klasmaat’

  • SA en die groot oorlog 100 jaar later

  • Groot Oorlog 100 jaar later: Stert swaai politieke hond

  • Vrae oor polisie se wapensituasie

  • Bom-vrou in Nigerië gestuit

  • Tasse, duur parkering by lughawens pla

  • Bokke met ‘goeie gene’ by veiling

  • Labia: Ligte, kamera, aksie . . .of nie, vir onafhanklike teater

  • NG Kerk hoop op ‘optrede’

  • Baaienaar se vernuf wyd ervaar

  • Spur ‘beroof’ met balonne, koek en geskenk

  • Bakkies en ander rugby-legendes deel staaltjies oor die spel

  • Geesdrif vir Kaasfees nie deur weer gedemp

  • Niemand nog vasgetrek ná skietery in Nyanga drie eis

  • ‘Stropers’ in wildtuin vasgetrek

  • Oud-Bul oorval toe hy stilhou

  • NG Kerk herstel ‘historiese fout’

  • Ebola-virus eis eerste Liberiese geneesheer

  • Gevegte in Oekraïne stuit internasionale span

  • Costa Concordia reg vir slopers

  • Kathu ‘reuse-fabriek’ vir klipgereedskap

  • ‘Aksie nodig teen SAUK’

  • Skuif reg vir hope sport!

  • Zuma jr. ‘bekwaam vir pos’

  • Palestyne na internasionale hof oor Israel

  • ‘Dit kon jóú kind gewees het...’

  • Malema sê hy skuld Jan Taks niks

  • Nore sluit Joodse museums

  • Oud-Valke voor oor korrupsie

  • Redakteur tronk toe oor berigte

  • Vlugpryse in N-Kaap verminder

  • ‘Konflik wys nuwe wêreldorde is naby’

  • Kaapse dansinstrukteur mik na Mev. SA

  • Nigeriese ‘web-boef’ vasgetrek

  • Egpaar verskyn saam in die hof

  • Mali-ramp wis 10 lede van een familie uit

  • Nederlandse soldate dalk na ramptoneel

  • Australië sal aanhou soek na vlug MH370

  • ‘Ek het nie dik nek en plat kar, maar ’n dik pens’

  • Wonderwêreld van dinosourusse in Kiks

  • Bylmoordenaar wéér vasgetrek ná moord

  • Passasier bel haar pa ná vliegtuig neerstort

  • Pouslike warmte vir gesin op pad na VSA

  • Oprah se SA tydskrif maak deure toe

  • Rugby is in Pienaar-baba se bloed

  • Sweefspoor gesluit vir dienswerk

  • 21ste kongres oor vigs in Durban gehou

  • Man sterf in Nigerië aan Ebola-virus

  • Prokureur vervals glo dokumente

  • Maqubela wil erfgeld-bevel beveg

  • ‘Help om my seun te vind’

  • ‘Vat polisielede vas wat mense help ontsnap’

  • ‘Bende’-bewaarders weer later in hof

  • ‘Ons is nie kwaad vir Hopefield nie’

  • Onhigiëniese slagplekke ’n skande, sê DBV

  • Matie op Zanzibar aangeval en beroof

  • Polisielid vry ná sterfte in Wolseley

  • Soektog na olie en gas welkom

  • Paniek oor poppe op voorstoep

  • R19,5 m. se tik by lughawe

  • Man vas ná voorval in vliegtuig

  • Leerder van Beaufort-Wes wen rekenaarolimpiade

  • ‘Wonderwerk’ red honde

  • Bestuurder kom eers later voor oor omgeslane bus

  • Majoor, vroue hoor Maandag oor borgtogaansoek

  • Studie wys honde ís jaloers

  • SA se ‘vlieënde huisvrou’ oorlede

  • Mens kan nie sonder ander spesies oorleef, wys navorsing

  • Die Burger vier sy 99ste jaar!

  • Verdediging vra hof om konstabel vry te spreek

  • Kyalami - opwinding, hartseer van die F1-era

  • Gelukkige einde vir vierpote van Mosselbaai

  • Springs: Man, vrou hou hande in beskuldigdebank

  • Antieke werkswinkel van miljoen jaar gelede in Kathu ontdek

  • Woeler se dae van braaivleis eet verby

  • Gasa-dodetal 800 - foto uit ruimte wys lugaanvalle

  • Afgetrede US-dosent tuis beroof

  • Oorstromings, sneeu voorspel

  • Ses hofsake oor immigrasiereëls

  • Koningin ‘bom’ hokkiespeler se selfie

  • Zuma haal LP’s oor kole

  • Stop Gasa-blokkade, eis Pakistan in VN

  • Rampvlug MH17: oorskot na Nederland (blog)

  • Aand toe die diknekke bolle rol by die kaas-en-wyn

  • Eloff kap minister oor sy uitlating

  • ‘Ondersoek bewerings in dossier ná 14 j.’

  • Motsoeneng: DA sien uit na Faith se betoog

  • Polisieman ‘wat met seuns lol’ se vrou getuig dalk

  • Toe neem olifant haarself af...

  • Nóg ’n lugramp eis 116

  • Bok-kaptein sê steun toe aan ‘renoster-trap’

  • ‘Ons wil oor nasiebou praat’

  • Afrikaanse organisasies wil met adjunk-president praat

  • Grond: ‘Ons moet wonde genees ná groot geskiedkundige ongeregtigheid’

  • Projek oor waardes ‘leef nog’

  • Prokureur betwis lasbriewe in hof

  • Kopskoot in kantoor eis werknemer

  • Polisie trek 50 oortreders vas

  • ANC kies skielik ander kandidaat

  • Veerbootbaas se lyk eers ná maand geëien

  • Drie pasiënte gekastreer

  • Rekordvlug eindig in see

  • Beelde is dalk Rodin, Degas

  • Seun meer as 200 tande kwyt

  • Boorwerk in diepste water aan kus begin

  • Nuwe aanloopbane

  • Hof hoor gewonde man het koeël glo vir dokter gewys

  • Kaarte oor bedrog gekanselleer

  • Steel van troeteldiere in staat New York kan jou nou duur te staan kom

  • Groot drome vir dié wedloop

  • Ontkleedanseres se lyk is erg vermink

  • Twee mans kry kakebeen-inplantings wat in 3D gedruk is

  • Kospryse tref plattelanders die swaarste

  • SA verskerp stelsel teen terreur

  • ‘Gryp nóú in by SANW, anders...’

  • Nóg ’n vlugramp eis 46 mense

  • President ‘moet lei of loop’

  • Stokkie gesteek voor buitelandse reg tot grondbesit

  • ‘Maak einde aan vigs teen 2030’

  • Gee Palestyne hul grond terug – Tutu

  • Kwintiele vir skole ‘moet hersien word’

  • Meer as 80% van mense in SA sê hulle is gelukkig

  • ATKV en SAUK ‘gaan saamwerk’

  • ‘Verdagte is beslis een van kapers’

  • ‘Van tragedie tot wonderwerk’

  • Hantering van lyke pla

  • Israel skarrel om skade te beperk

  • Gasa word politieke speelbal

  • ‘Polisielid het geskiet’

  • Kwekerygroep se stigter sterf ná siekte

  • SJC-lede ontken skuld ná betoging

  • Beskuldigde se gehoor nou getoets

  • Onrus-meer eindelik rioolvry

  • Bouwerk aan US se koshuise voltooi

  • Vier spelers van SWD haal proefwedstryde

  • Talle langasems kom spook sake uit in tweede George Madiba-wedloop

  • NMMU loop voor in SWD-klubkompetisie

  • Gene-draers van siekte nagespoor

  • ‘Dwelmbaas’ vry oor polisie se lasbrief-fout

  • Lonmin ‘wou nie onderhandel’

  • Majoor doen vandag aansoek om borgtog ná ‘verkragting’

  • Farlam bekommerd ná moord op leier

  • Militêre vliegtuie neergeskiet

  • Gelowiges moet vir ons renosters bid, vra bewaringsgroepe

  • Gesteelde Matisse is weer tuis

  • Karoo-rugbymeisies speel doemprofete se monde bottoe

  • Roerende afskeid vir slagoffer

  • Joernaliste verdwyn in Oekraïne

  • China staal hom vir 2de tifoon

  • Skoolhoof vas oor nalatigheid

  • Sanger kry nie verlof tot appèl

  • Vrou vind ou bom in motorhuis

  • ‘Klein hawens kort aandag’

  • ‘Bekyk ander rade vir rassisme’

  • US-raad begin proses om nuwe rektor te soek

  • Voer vir koningin se perd ondersoek

  • Boer en gesin weer in hof oor wapens

  • Roggebaai kry nuwe toringgebou

  • Stroper moet 77 j. sit

  • Luiperd betree kampus

  • Man met 90 selfone op lughawe vasgetrek

  • Peaches Geldof dood ná oordosis heroïen

  • Gospelsanger sterk aan ná hartoperasie