|
DIE BURGER gebruikersooreenkoms
|
|
|
|
Lees asseblief hierdie GEBRUIKERSOOREENKOMS met aandag. Dit
bevat belangrike kontraktuele regte, verpligtinge en voorwaardes tussen uself
en DIE BURGER. U aanvaarding van die voorwaardes van die GEBRUIKERSOOREENKOMS
word benodig vir u gebruik van hierdie webblad.
|
|
|
|

|
|
|
|
|
GEBRUIKE
|
|
1.
|
Mense (Gebruiker(s)) wat DIE BURGER-webblad vir
enige rede gebruik, onderwerp hulself aan en stem in tot hierdie
voorwaardes en die privaatheidsbeleid van DIE BURGER wanneer hulle die
webblad gebruik.
|
|
2.
|
DIE BURGER-webblad bestaan uit inligting, inhoud en
dienste verskaf deur DIE BURGER, sy lisensiedraer (s), derde partye en
gebruikers van DIE BURGER-webblad.
|
|
3.
|
DIE BURGER behou hom die reg voor om, na sy eie en
volstrekte goeddunke, die ooreenkoms te wysig.
|
|
4.
|
DIE BURGER behou hom die reg voor, na sy eie en
volstrekte goeddunke, om toegang tot die diens weg te neem, te wysig,
verander, aan te vul, en/of toegang te beperk tot die dienste, inhoud,
inligting, sagteware of rekenaarleërs wat op die webblad verskyn of deur
DIE BURGER-webblad versend word.
|
|
5.
|
Enige inligting en/of inhoud wat op DIE BURGER-webblad
verskyn of daardeur uitgestuur word, word nie uitgemaak as raad nie, en u,
die gebruiker, word aangemoedig om met professionele raadgewers te skakel
voordat u optree op grond van enige inligting of inhoud wat op DIE
BURGER-webblad verskyn of daardeur uitgestuur worde.
|
|
6.
|
Niks wat op die webblad verskyn, sal beskou word as
'n aanbod deur DIE BURGER aan u, die gebruiker, nie en is bloot 'n
uitnodiging om sake te doen.
|
|
|
|
|
|
|
|
INTELLEKTUELE EIENDOMSREGTE EN LISENSIE
|
|
7.
|
Alle inhoud, handelsmerke en data op die webblad,
waaronder ingesluit word, maar nie beperk nie tot, sagteware, databasisse,
teks, grafika, ikone, hiperskakels, private inligting en ontwerpe is die
eiendom van of word gelisensieër deur DIE BURGER, en word derhalwe deur
plaaslike en internasionale wetgewing en verdrae beskerm van skending.
|
|
8.
|
Alle regte wat nie uitdruklik toegeken word nie,
word voorbehou. Die intellektuele eiendomsregte in alle inhoud, inligting,
dienste en/of sagteware wat berus by DIE BURGER sal by DIE BURGER bly berus
en geen reg, betiteling of belang in enige eiendomsregte of inligting wat
op die webblad verskyn, word aan u, die gebruiker, toegeken nie.
|
|
9.
|
DIE BURGER verleen aan u, die gebruiker, 'n
persoonlike, nie-eksklusiewe en nie-oordraagbare lisensie om alle inhoud,
inligting, dienste, sagteware en rekenaarleërs te gebruik of uit te druk op
enige masjien/e waarvan u, die gebruiker, die primêre gebruiker is, vir
nie-kommersiële doeleindes alleenlik.
|
|
10.
|
U, die gebruiker, word verbied om die lisensie toe
te ken of oor te dra aan enige ander persoon en van onderlisensiëring.
Sonder om afbreuk te doen aan bogenoemde, mag u, die gebruiker, familielede
uitwys om toegang te verkry tot die inligting, inhoud en dienste op DIE
BURGER-webblad en dit te gebruik, onderworpe aan die Gebruikersooreenkoms.
|
|
11.
|
Die ongemagtigde duplisering van inhoud, inligting,
sagteware of rekenaarleërs, waaronder ingesluit word inhoud, inligting,
sagteware of leërs wat verbeter, gewysig is of saamgevoeg is met sulke
inhoud, inligting, sagteware of leërs, of die geskrewe materiaal wat
daarmee verbind word, word ten sterkste verbied.
|
|
12.
|
Enige ongemagtigde duplisering en/of
onderlisensiëring, of poging tot duplikasie, sal lei tot die onmiddellike
opskorting van die ooreenkoms deur DIE BURGER sonder verdere kennisgewing.
|
|
13.
|
U, die gebruiker, sal verantwoordelik wees vir die
gebruik van die inligting, inhoud of dienste waartoe u toegang verkry deur
u gebruikersrekening, wat bepaal kan word deur koekies (''cookies''),
kodewoorde of egtheid-sertifikate.
|
|
14.
|
U, die gebruiker, keur hiermee goed, waarborg en
stem in om persoonlik aanspreeklik te wees vir enige verpligtinge waartoe
ander mense hulle verbind wat die inligting, inhoud of dienste deur middel
van u gebuikersrekening gebruik.
|
|
15.
|
U, die gebruiker erken dat sekere inligting, inhoud,
dienste en/of skakels onaanneembare beelde, materiaal, inhoud of inligting
kan bevat.
|
|
16.
|
Behalwe waar dit uitdruklik in die
Gebruikersooreenkoms toegelaat word, mag nog u, die gebruiker, of u
aangewese gebruikers enige inligting, sagteware of inhoud wat deur die
diens ontvang word of waartoe toegang verkry word dupliseer, herversend,
publiseer of andersins oordra of kommersieël benut.
|
|
|
|
|
|
|
|
ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE
|
|
17.
|
Deur die webblad te gebruik of deur met die
nuuskantoor van DIE BURGER te kommunikeer deur elektroniese media, stem die
gebruiker in en erken dat enige en alle ooreenkomste, kennisgewings,
onthullings, of enige ander kommunikasie, in ooreenstemming is met enige
wetlike vereiste, waarby ingesluit is, maar nie beperk nie tot die vereiste
dat sulke kommunikasie ''op skrif'' sal wees.
|
|
|
|
|
|
|
|
VERANDERINGS EN WYSIGINGS
|
|
18.
|
Die webblad kan
tegniese of ander onjuisthede of tipografiese foute bevat. Veranderings en
wysigings word van tyd tot tyd aangebring aan die inligting hierin vervat
en hierdie veranderings sal bygewerk word by enige nuwe uitgawe van die
webblad. DIE BURGER behou hom die reg voor om te enige tyd verbeterings
en/of wysigings aan die webblad aan te bring.
|
|
19.
|
DIE BURGER behou hom die reg voor om pryse en
tariewe wat op die webblad gekwoteer word, te enige tyd te verander en aan
te pas.
|
|
|
|
|
|
|
|
PRIVAATHEIDSBELEID
|
|
20.
|
DIE BURGER respekteer u privaatheid en is verbind
tot beginsels oor die beskerming van privaatheid. Hierdie
privaatheidsbeleid verduidelik hoe DIE BURGER inligting insamel en
versprei.
|
|
21.
|
Terwyl u die webblad gebruik kan inligting oor u
deur ons versamel word of deur u verskaf word. Sulke inligting word die
eiendom van DIE BURGER.
|
|
22.
|
DIE BURGER kan hierdie persoonlike inligting gebruik
om u van tyd tot tyd van inligting aangaande ons produkte, dienste of
geleenthede te voorsien. U kan versoek dat DIE BURGER staak om u sulke
inligting te stuur of versoek dat u persoonlike inligting van ons databasis
verwyder word.
|
|
23.
|
U kan ook toegang versoek tot enige persoonlike
inligting oor uself wat DIE BURGER het. Die Wet op die Bevordering van
Toegang tot Inligting, 2 van 2000 (''Proatia'') stipuleer en reguleer hoe
so 'n versoek gemaak moet word en onder watter omstandighede sulke toegang
geweier kan word.
|
|
24.
|
U kan u persoonlike inligting korrigeer of op datum
bring deur e-pos te stuur aan agouws@dieburger.com. U kan ook u persoonlike
inligting wat deur ons gehou word sien en korrigeer as dit nodig is deur
midel van 'n geskrewe versoek aan DIE BURGER.
|
|
25.
|
DIE BURGER sal nie enige persoonlike inligting aan
enigiemand bekendmaak nie, behalwe waar daarvoor voorsiening gemaak word in
hierdie dokument. Ons kan egter sulke inligting bekend maak aan agente of
werknemers van DIE BURGER wat sulke inligting nodig het om hul werk te
verrig. Daar kan ook situasies wees waar die reg van ons vereis dat u
persoonlike inligting bekendgemaak word. In alle ander situasies, behalwe
ingeval DIE BURGER of sy verbonde dienste en/of webblad verkoop word, sal
DIE BURGER nie u persoonlike inligting bekendmaak sonder dat u in kennis
gestel word daarvan en die geleentheid gegun word om geskrewe toestemming te
gee nie.
|
|
26.
|
DIE BURGER is nie verantwoordelik vir en gee nie
waarborge of maak enige aansprake ten opsigte van die privaatheidsbeleid of
optrede van skakels na enige derde partye se webbladsye nie.
|
|
27.
|
DIE BURGER behou hom die reg voor om die verpligtinge
en voorwaardes in hierdie kontrak van tyd tot tyd te wysig. U is
verantwoordelik daarvoor om sulke wysigings na te gaan elke keer wanneer u
die webblad gebruik en u volgehoue gebruik van die webblad nadat sulke
veranderings aangebring is, sal dui op die aanvaarding van die veranderings
wat aangebring is.
|
|
28.
|
Indien u enige vrae of besorgdhede het oor die
manier waarop ons u persoonlike inligting hanteer, kan u ons kontak by 021
406 2152.
|
|
|
|
|
|
|
|
VERSENDING VAN INLIGTING
|
|
29.
|
Die gebruiker erken dat inligting wat oor die
internet versend word, waarby sonder beperking e-posboodskappe ingesluit
word, vatbaar is vir monitering en onderskepping. Die gebruiker word
gevolglik ontmoedig om enige inligting wat vertroulik, patentregtelik of
sensitief is aan DIE BURGER te versend. Die gebruiker sal die risiko
daarvan dra om sulke inligting op hierdie manier te versend en DIE BURGER
sal in geen omstandighede verantwoordelik wees vir enige verliese, skade of
nadeel wat die gebruiker as gevolg daarvan kan lei nie. DIE BURGER behou
hom die reg voor om onafhanklike verifikasie van enige inligting wat per
e-pos versend is te versoek en die gebruiker stem in tot sulke verifikasie
indien DIE BURGER meen dit is nodig.
|
|
30.
|
Enige inligting of materiaal wat aan DIE BURGER
gestuur word, sal beskou word as dat dit nie vertroulik is nie, behalwe
wanneer skriftelik andersins ooreengekom is tussen DIE BURGER en die
gebruiker.
|
|
|
|
|
|
|
|
SKAKELS EN OMRAMING
|
|
31.
|
Dit is uitdruklik verbode vir enige mens,
onderneming, entiteit of webblad om na enige blad op hierdie webblad,
waarby ingesluit is die voorblad, te skakel sonder vooraf, geskrewe
toestemming van DIE BURGER.
|
|
32.
|
Dit is uitdruklik verbode vir enige mens,
onderneming, entiteit of webblad om enige blad op die webblad, waarby
ingesluit is die voorblad, te omraam op enige manier sonder vooraf,
geskrewe toestemming van DIE BURGER.
|
|
|
|
|
|
|
(kopiereg:
2002 Buys Prokureurs Ingelyf.)
|