Kaapstad Verander Area
  • Vandag

    17°C / 9°C

    Wind 50km/h

    Reënval 11.2mm

    Humiditeit 71%

  • Vrydag

    14°C / 9°C

    Wind 39km/h

    Reënval 23.9mm

    Humiditeit 71%

  • Saterdag

    14°C / 10°C

    Wind 31km/h

    Reënval 6.2mm

    Humiditeit 76%

  • Sondag

    17°C / 10°C

    Wind 19km/h

    Reënval 3.1mm

    Humiditeit 86%

  • Maandag

    18°C / 11°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 67%

  • Dinsdag

    21°C / 12°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 50%


Motors

Nuwe 4x4-wetgewing binnekort ingespan

Johann van Tonder
Woensdag 17 April 2013

Onthou die dae toe 4x4’s nog op die strande kon ry? Toe vissermanne na hul gunsteling-visgate kon ry of bote op die strand kon kry? Of die dae toe jy met ’n waterponie of ’n boot sonder ’n lisensie kon baljaar? Dit is verby.

Wetgewing het dié buitelug-aktiwiteite begin reguleer met die oogmerk om beter beheer oor onverantwoordelike gebruik te kry, asook om die omgewing te beskerm. Vandag sal jy jou in die lang arm van die gereg vasloop as jy sonder die nodige lisensie en kwalifikasie jou hand aan so ’n aktiwiteit waag.

Wat minder bekend is, is dat wetgewing in dié verband ook uitgebrei is na die gebruik van enige voertuie in geïdentifiseerde binnelandse ekogebiede.

Om die waarheid te sê, dié wetgewing is reeds in die parlement, en dis net ’n kwessie van tyd voordat dit toegepas word. As jy dus graag naweke met jou viertrekvoertuig in die berge gaan baljaar, sal jy moet weet waar die gebiede is en oor die nodige lisensies en kwalifikasies moet beskik.

Nou wat vereis dié wet? Dit vereis dat ’n persoon wat in hierdie gebiede wil ry, ’n basiese kennis van die omgewing en die meganika van sy voertuig moet hê. Die persoon moet ook bevoeg wees om die voertuig in onherbergsame gebiede te kan bestuur en hanteer.

Die kwalifikasie vereis opleiding waarop ’n eksamen volg en sal periodiek hernu moet word. Die kursus is op eenheid-standaard NQF3 en sal in die nasionale register opgeteken word as ’n erkende kwalifikasie.

In die Suid-Kaap word ons direk geraak met verskeie dele wat tot sensitiewe ekogebiede verklaar is.

Dit sluit al die nasionale parke en gebiede onder Cape Nature se beheer in, asook sommige privaat eiendom wat as ekologies sensitief beskou word.

Let wel dat hierdie wetgewing jou nie sal verhoed om op ’n bestaande pad, soos die Prins Alfredpas, te ry nie, maar is eerder van toepassing op mense wat graag met hul viertrekvoertuie die omgewing veldlangs wil verken. Jy sal dus byvoorbeeld nie ’n vaka

nsie in die Kgalagadi kan begin sonder ’n kwalifikasie soos hierdie nie.

Die nodige kwalifikasie kan by ’n diensverskaffers in die Suid-Kaap verkry word: African Off-Road, ’n nasionale maatskappy met verteenwoordiging op George.

Dié wet sal volgens plan in Augustus aanstaande jaar in werking tree.

• Vir meer inligting, bel Dave Faddell van African Off-Road by 082 923 0143.



  • motors

    Kwaai NX nie vir sissies in nutsmark

  • motors

    Inval van die Etios Cross begin

  • motors

    Nuwe Figo’tjie bied nog waarde

  • motors

    Stepway beïndruk op vele vlakke

  • motors

    Corsa no. 5 omvattend vernuwe

  • motors

    Ferrari’s groet Kyalami (dalk)

  • motors

    Marquez in reuse se spore

  • motors

    Klein ramkat kry sy naam

  • motors

    Ponie van 60’s herleef

  • motors

    Nege ding mee om die kroon

  • motors

    Nou kan jaers weer hul renvernuf wys

  • motors

    Superwaens in konvooi see toe

  • motors

    Kopskuif kan tandeknersers red

  • motors

    Loopdop nie meer hoofsondaar

  • motors

    Mazda het groot planne met ‘2’

  • motors

    Dié VW’s kos min om te bedryf

  • motors

    Só lyk Britse top-vragmotor

  • motors

    Panda Cross hups soos jonges

  • motors

    M5 perfek vir gesin én alleen ‘druk’

  • leefstyl

    Met apps kan jy gesogte parkeerplek kry

  • leefstyl

    Retro ontmoet modern

  • leefstyl

    Angstig, of maar net kind?

  • leefstyl

    Noodhulp vir jou beste vriend

  • buite

    Bergrivier is nie vir sissies nie

  • buite

    Hou ‘Buite’ dop vir volgende fotokompetisie

  • buite

    Dankie vir ons voorbladfoto

  • leefstyl

    Lekker verjaar, u koninklike hoogheid!

  • buite

    Dagboek

  • buite

    Buite se 100 puik plekke # 94: Biedouwvallei

  • buite

    Blomme sal mooi wees – kenner

  • buite

    Padstal nou ook biblioteek

  • N7: Groot padwerk vra groot geduld

  • Wanneer blom dit? Hou maar jou oor op die grond...

  • Riebeek Kasteel skitter op sy eie

  • Weskus Fossielpark ons eie Jurassic Park

  • Daar is meer as net sitrus in Citrusdal

  • In wyn en olywe sal jy die Swartland se diepste wese ontdek

  • Lekker volop dinge te doen in Clanwilliam

  • Darling vou haar arms om jou toe

  • Perfekte foto verg fyn beplanning

  • Só lyk ons topvyf doendinge

  • Vanrhynsdorp se ou tronk is nou ’n heerlike hutspot

  • Hoe sê ’n mens dankie vir só ’n voorbladfoto!

  • Doringbaai se vissermanne is trotse mense met groot glimlagte

  • Nuwe eienaars vir vetplantkwekery

  • Is jou tjor reg vir die stofpad?

  • Blomme bly baas, maar dorpies is vol versteekte juwele

  • Watwou tegno - dié drukpers bly!

  • ’n Kerk is elke dorp se sieraad

  • Waar is die blomme?

  • Voetslaan op ’n mistige dag

  • Bokkie, wat kan ons in Porterville doen?

  • Raak histeries oor historiese roete

  • boeke

    Goeies góéd; slegtes verveel

  • boeke

    Debuut wat nog lank begogel

  • boeke

    Gru-blik op tienerangs aangrypend

  • boeke

    Bittersoet genot in dié aritmiese boek