Parade word kyk-en-jolkol

2010-05-23 22:36

Theuns van der Westhuizen

Kaapstad. - Die Parade is ’n miernes soos werkers die eerste markiestente opslaan vir die grootste kyk-en-jolkol in die Kaap.

Wanneer dit klaar is, sal duisende sokkeraanhangers elke dag – van 11 Junie tot 11 Julie – hier saamtrek om fees te vier en sokker te kyk.

Al 64 wedstryde van die Wêreldbeker-sokkertoernooi sal op ’n reuse-TV-skerm van 11,5m x 6,4m uitgesaai word, en kunstenaars soos Goldfish, Freshly Ground, Danny K, Jimmy Dludlu en die Guguletu Tenors sal vermaak verskaf.

Kaapstad se amptelike Fifa Fan Fest, algemeen bekend as die amptelike kyk-en-jolkol, word op die Parade geskep.

“Ons wil ’n veilige, gerieflike en feestelike alternatief bied aan sokkeraanhangers wat nie ’n kaartjie vir wedstryde het nie. Hulle sal na regstreekse uitsendings van die wedstryde kan kyk,” het mnr. Lesley de Reuck, bedryfsdirekteur van die Kaapse 2010-span, gesê.

Die kyk-en-jolkol sal die hele toernooi lank elke dag van 11:00 tot 23:00 oop wees. Toegang is gratis, kos en drank sal te koop wees en toegangsbeheer geld. Net 25 000 mense sal op ’n slag toegang kry.

Volgens De Reuck sal streng veiligheidsmaatreëls geld. Veiligheidsbeamptes, nooddienspersoneel en lede van die polisie sal deurentyd teenwoordig wees.

Kinders onder 14 sal van ’n volwassene vergesel moet wees en geen gevaarlike voorwerp sal toegelaat word nie.

Onder die verbode voorwerpe tel spuitkannetjies, bottels, blikkies, glase, gevaarlike wapens, laserwysers, vlagstokke, klappers, vuurwerke, kieries en sambrele van langer as 40cm.

- Die Burger

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

PL/SQL Oracle Developer

Midrand
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Server Management Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R12500 - R15000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

A 180 ELEGANCE AT
2010
R 244,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.