Eerste WB-span vandag in die land

2010-05-25 22:23

Kaapstad

Die Wêreldbeker-sokkertoernooi is hier.

Die eerste span, dié van Australië, kom vandag in Suid-Afrika aan, en skaars 24 uur later land die span van Brasilië ook op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg.

Die ander 29 buitelandse spanne kom daarna op feitlik ’n daaglikse basis aan – met Spanje heel laaste, op 11 Junie, het Fifa gister bekend gemaak.

Denemarke sal die eerste span wees wat hom in die Wes-Kaap kom vestig.

Dié span, wat in Knysna gaan bly, kom Saterdag aan, gevolg deur Frank­ryk op 5 Junie en Japan op 6 Junie. Die Franse span bly ook in Knysna, terwyl Japan se span hom in George gaan tuismaak.

Intussen het die nege gasheerstede ook begin om die tien 2010-stadions amptelik aan Fifa oor te dra.

Mnr. Jérôme Valcke, sekretaris-generaal van Fifa, en mnr. Danny Jordaan, hoof van Fifa se plaaslike reëlingskomitee, het reeds die naweek Soccer City in Johannesburg, Loftus Versfeld in Pretoria en die Royal Bafokeng-stadion in Rustenburg in ontvangs geneem.

Die stadion in Bloemfontein was gister aan die beurt en vandag oorhandig mnr. Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, en me. Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, die Kaapstad-stadion aan hulle.

Die Moses Mabhida-stadion in Durban kom daarna aan die beurt, gevolg deur Ellispark in Johannesburg, die Peter Mokaba-stadion in Polokwane, die Mbombela-stadion in Nelspruit en heel laaste die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth.

Tussendeur gaan Jordaan en ander lede van die reëlingskomitee die spanne op die O.R. Tambo-lughawe verwelkom.

Dit sal sokkerliefhebbers egter nie baat om na die lughawe te stroom nie, aangesien die gebou waar hulle aankom nie vir die publiek oop is nie.

Die beste plek om die spanne te sien, is by hul oefensessies.

Elke span moet minstens een openbare oefening hou voordat hy sy eerste wedstryd speel.

- Die Burger

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

A 180 ELEGANCE AT
2010
R 244,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.