Zuma: SAOG sal Zim vasvat
2009-07-29 08:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Michael Hamlyn
Kaapstad – President Jacob Zuma sê ingrypingstappe sal in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en kontinentale strukture gedoen word as demokrasie in Zimbabwe onder verdenking kom.
“Sedert ‘n koalisieregering in Zimbabwe gevorm het geweld in dié land afgeneem,” het Zuma aan Athol Trollip, parlementêre DA-leier, geantwoord op ‘n vraag wat tydens ‘n parlementsitting gevra is.
“Ons glo dat die huidige koalisieregering meer sal doen om te verseker dat daar wydverspreide respek, wetstoepassing en menseregte insluitend politieke regte en die die reg op vrye assosiasie.”
Trollip het gevra of Zuma ‘n verslag sal uitreik oor afgetrede generale wat na Zimabwe gestuur is om die rol van die weermag tydens verlede jaar se post-verkiesingsgeweld te ondersoek en of hy hulle terug sal stuur om ‘n ondersoek na berigte intimidasie en teistering sal doen.
Zuma se antwoord op dié vraag het aangedui dat hy hulle nie terug sal stuur nie.
Hy het aan Trollip gesê die verslag was slegs mondelings aan oud-pres. Thabo Mbeki voorgelê en kan dus nie uitgereik word nie.
I-Net Bridge