Ysweer in Europa dalk weens aardverwarming

2012-02-07 00:00

DEN HAAG. – Die uiterste koue vriesweer en swaar sneeuval wat Europa tans die derde agtereenvolgende winter ervaar, is ironies genoeg moontlik aan aardverwarming te wyte.

Prof. Stefan Rahmstorf van die Instituut vir Klimaatimpaknavorsing in Potsdam, Duitsland, het luidens ’n berig gister in die Londense oggendblad The Independent van ’n dramatiese verlies van see-ys in die Barentz- en Kara See tussen die Eurasiese vasteland en die Noordpool gepraat.

Hy het gesê sy instituut se rekenaarmodelle wys dat die smeltende ys ’n hardnekkige hoëdrukstelsel bo Noord-Rusland veroorsaak, met gepaardgaande yswinde wat die hele Europa teister.

“Die ysvrye gebiede van die oseaan tree as ’n verwarmer op omdat die water warmer as die lug daarbo is. Dit bevorder die vorming van ’n hoëdrukstelsel bo die Barentz See, wat koue lug in Europa instuur.”

Wat ook al die oorsaak, groot dele van Europa het gister opnuut in uiterste koue gebibber. In Duitsland is ’n rekord-laagtepunt van -28,8°C by Ueckermünde aan die Poolse grens gemeet, laer as die vorige rekord van -28,2°C wat in 1956 waargeneem is.

Rome, ’n stad wat nie dikwels sneeu sien nie, is in ’n chaos gedompel deur die swaarste sneeuval in 27 jaar, en vir die eerste keer in dekades het dit selfs oorkant die Middellandse See in Algiers gesneeu.

Nederland beleef die soveelste winter ’n algehele chaos op die spoorlyne. Kusprovinsies het een van die digste spoornetwerke in Europa, wat dit baie kwesbaar maak.

Die chaos op die Londense lughawe Heathrow het gister afgeneem ná ’n Sondag waarop 42% van die vlugte gekanselleer is. Die lugverkeer was gister taamlik normaal.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.