Woede omdat gays skuld kry vir massamoord

2010-03-19 23:02

Den Haag

Die feit dat die Nederlandse leër homoseksuele in sy geledere toelaat, was in 1995 verantwoordelik vir die massamoord op sowat 8 000 Moslem-mans buite Srebrenica in Bosnië.

Dié stelling van die afgetrede Amerikaanse genl. John Sheehan voor ’n senaatsverhoor in Washington het gister verontwaardiging in die Nederlandse hoofstad uitgelok.

Sheehan, ’n gewese bevelvoerder van Navo, het getuig in ’n reeks senaatsverhore oor die vraag of die Amerikaanse weermag openlik homoseksuele soldate moet toelaat.

Die implikasie dat homoseksuele om die een of ander rede lafhartig sou wees, is gister woedend in Nederland verwerp.

Verskeie waarnemers het daarop gewys dat gay soldate ook tans by die Nederlandse kontingent in Afganistan dien en dat niemand ooit ’n probleem met hul dapperheid het nie.

In 1995 het die Bosnies-Serwiese magte die VN-enklave van Srebrenica, waar duisende Moslem-vlugtelinge saamgetrek was, verower en sowat 8 000 mans vermoor.

’n Verswakte Nederlandse infanteriebataljon, beman deur dienspligtiges, en sonder enige swaar wapens of lugsteun, het hom daarop teruggetrek en nie by die massamoord tussenbeide getree nie.

’n Woordvoerder van die Nederlandse departement van verdediging, mnr. Roger van de Wetering, het gesê die Srebrenica-slagting is uitvoerig deur Nederland self, die VN en ander internasionale organisasies, asook verskeie navorsers ondersoek.

“Geen enkele operasie is só uitgebreid ondersoek as dié van Srebrenica nie.

“In al die ondersoeke is geen enkele verband gelê met homoseksualiteit nie.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Cost Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Group Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

PALIO 1.6ELX
2006
R 79,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2007
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.