Vier van Britse koerant in hegtenis geneem

2012-01-30 05:13

Londen. – Vier joernaliste en ’n polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat speurders eergister op die Britse poniekoerant The Sun se kantore en die verdagtes se huise toegeslaan het.

Dít was deel van ’n ondersoek na polisielede wat glo omgekoop is om inligting aan die joernaliste te verskaf.

Die vier joernaliste en die polisieman, wat nog nie geïdentifiseer is nie, is gistermiddag op borgtog vrygelaat.

The Sun is die koerant in Brittanje met die grootste sirkulasie en verkoop 2,5miljoen eksemplare per dag. Dit behoort aan Rupert Murdoch se mediagroep, News Corporation.

Die Sondagkoerant News of the World, wat in Julie verlede jaar gesluit is ná ’n meeluisterskandaal waarby van sy joernaliste betrokke was, was deel van dieselfde mediagroep.

Volgens die polisie is die mense in hegtenis geneem ná inligting deur Murdoch se NewsCorp, wat in Amerika gesetel is, aan hulle verskaf is.

Daar word gegis dat dié inligting aan die polisie deurgegee is in ’n poging om die maatskappy se naam in ere te herstel.

Die BBC en die Guardian het die joernaliste geïdentifiseer as die voormalige adjunkredakteur Fergus Shanahan, die voormalige besturende redakteur Graham Dudman, die misdaadverslaggewer Mike Sullivan en die hoof van die nuusafdeling, Chris Pharo.

In ’n e-pos wat aan personeel by The Sun gestuur is, sê die uitvoerende hoof van die Britse deel van News International, mnr. Tom Mockridge, dat die maatskappy regshulp aan die mans beskikbaar gestel het.

“Ten spyte van dié moeilike situasie is ons oortuig dat News International as ’n sterker en meer betroubare organisasie sal uitstyg.

“Ons moet almal vir Dominic (Mohan, redakteur van The Sun) ondersteun. Hy sal sy personeel lei om Maandag en ook daarna soos altyd ’n fantastiese koerant uit te gee.”

Volgens Scotland Yard is die inligting aan hulle verskaf deur NewsCorp se komitee wat bestuursake en standaarde hanteer. Dié komitee is ná die meeluister­skandaal op die been gebring.

“Dit het te doen gehad met verdagte betalings wat aan lede van die polisie gemaak is en het niks te doen daarmee om joernaliste sover te kry om hul vertroulike bronne bekend te maak vir inligting wat wettig bekom is nie.”

NewsCorp het bevestig dat vier van die mans wat in hegtenis geneem is, by The Sun werk of voorheen daar gewerk het.– Sapa-AFP

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.