Tamaai knapie gebore
2012-02-09 00:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
BEIJING. – ’n Ma het die lewe geskenk aan ’n baba van 7,04kg – moontlik die grootste baba wat in 60 jaar in China gebore is.
Die staatskoerant Tianjin Post het Dinsdag berig die 29-jarige ma van die provinsie Henan het Saterdag gekraam.
Die baba is met ’n keisersnee gebore.
Die geboorteproses het net sowat 20 minute geduur en die ma en die baba, ’n seuntjie met die naam Chun Chun, is gesond.
Die koerant het berig Chun Chun se ouers is albei van gemiddelde bou en dat die geboorteproses normaal was. Daar was ook niks ongewoon in sy ma se dieet nie.
Dit is nie bekend of die baba in Chinese rekordboeke opgeneem is nie.
–Sapa-AP
- Die Burger