Straw sê dertig Britse gevangenes se dreigende Facebook-inskrywings is strooi en moet weg

2010-02-16 05:08

Den Haag

Die Britse minister van justisie, mnr. Jack Straw, het die inskrywings van 30 gevangenes op Facebook laat onttrek omdat hulle dit gebruik het om hul slagoffers te dreig en te teister, luidens berigte in die Britse pers.

Die kwessie het verleentheid vir die regering veroorsaak, omdat die beginsel van vryheid van spraak en die regte van slagoffers ter sprake kom.

Die betrokke gevangenes, wat meestal weens geweldsmisdade toegesluit is, het ingesmokkelde selfone gebruik om boodskappe op Facebook te publiseer waarin hulle te kere gaan teen hul slagoffers en mense wat teen hulle getuig het.

Ryan Lloyd (22), wat in die tronk sit omdat hy sy mede-bendelede opdrag gegee het om ’n lid van ’n mededingende bende te vermoor, het kodetaal – “dead dogs” – gebruik om opnuut ’n moordopdrag aan sy ondersteuners te gee.

Colin Gunn, wat gevonnis is omdat hy saamgesweer het om ’n egpaar te vermoor, het op Facebook gewaarsku: “Ek kan nie wag om in sekere mense se oë te kyk en hul vrees vir my daar te sien nie.”

Jade Braithwaite, wat ’n tiener doodgesteek het, het op Facebook gesê hy is “down, but not out”.

Facebook het onmiddellik sy samewerking aan Straw gegee om sulke boodskappe te skrap.

Burgerregte-aktiviste het gesê Straw se stap beperk gevangenes se regte. Maar mnr. Gary Trowsdale, woordvoerder van ’n groep wat familielede van vermoordes verteenwoordig, het gemeen ’n gevonniste gevangene verloor volgens wet sy burgerregte.

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

PALIO 1.6ELX
2006
R 79,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2007
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.