Santorum krap als deurmekaar

2012-02-09 00:00

Net toe mense kon dink dat mnr. Mitt Romney se pad na die Republikeinse Party se kandidatuur vir die presidentskap ooplê, is alles weer deurmekaargekrap met mnr. Rick Santorum se onverwagse sege in Missouri, Minnesota en Colorado.

Santorum is ’n Rooms-Katolieke fundamentalis wie se streng Christelike waardes klaarblyklik goed ontvang is in dié drie taamlik konserwatiewe state.

Hiermee is Santorum, wat tot dusver beskou is as niks meer as ’n buiteperd nie, in die sentrum van die wedloop geplaas.

Romney lyk kwesbaarder as ooit. By sommige Republikeine aan die regterkant van die politieke spektrum is sy sentristiese oortuigings ’n nadeel, soos ook sy lidmaatskap van die Mormone, ’n sekte wat deur talle Christene nie as deel van die Christendom erken word nie.

Bowendien hou al hoe minder kiesers van sy geweldige rykdom. Sy teenstanders verwyt hom dat hy sy geld op die rug van die armes verdien het, en dit begin blykbaar by sommige ingang vind.

Met dié oorwinning is Santorum nie slegs vir Romney ’n bedreiging nie, maar ook vir die wispelturige mnr. Newt Gingrich.

Gingrich verkoop homself as synde na aan die Republikeinse uiterste regtervleuel, maar hy word wyd beskou as ’n ongeleide missiel wat nie teen pres. Barack Obama kan wen nie.

Gingrich het skaars deelgeneem aan die voorverkiesings in die drie state. Hy vestig sy hoop op die Amerikaanse suide, waar sy aanhang vermoedelik groter is.

Die aandag verskuif juis nou na die sogenaamde “Super-Dinsdag”, op 6 Maart, wanneer voorverkiesings tegelyk in tien state gehou sal word.

Hulle is Alaska, Georgia, Idaho, Massachusetts, Noord-Dakota, Ohio, Oklahoma, Tennessee, Vermont en Virginië

Dit is moontlik dat die uitslag van die wedloop op 6 Maart bepaal word.

Maar sulke voorverkiesings – soos dié van eergister bewys het – het die nare gewoonte om alle profete verkeerd te bewys.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.