Plofbare kougom blaas student se kaak af

2009-12-09 15:09

Kiëf - 'n 25-jarige chemie-student is dood gevind en sy kakebeen deur wat ondersoekbeamptes as "plofbare kougom" bestempel, afgeblaas.

Sy verminkte oorskot is by sy ouerhuis in die noorde van Oekraïne gevind.

Die jong man het aan die Politegniese Instituut studeer.

Hy het Saterdagaand laat aan 'n rekenaar gewerk toe die ontploffing plaasvind.

"'n Harde geluid kon uit sy kamer gehoor word," berig ukranews.com.

"Toe sy familie die deur oopmaak, het hulle gesien dat die onderste gedeelte van die man se gesig afgeblaas is."

'n Forensiese ondersoek het vasgestel dat die kougom bedek was met 'n onbekende chemiese stof wat glo met 'n plofbare materiaal gemaak is.

Die student het glo 'n gewoonte gehad om kougom te eet ná hy dit in 'n suur gedoop het.

Beamptes het sitroensuur-pakkies en 'n soortgelyke maar onbekende middel, wat glo 'n plofbare materiaal is, op 'n tafel naby die lyk gevind.

Ondersoekbeamptes vermoed die student het die twee pakkies per ongeluk omgeruil en die kougom met die plofbare materiaal in sy mond gesit.

Forensiese deskundiges is onderweg van Kiëf om dié materiaal te ondersoek. Plaaslike owerhede vrees dat dit dalk sal ontplof as dit vervoer word.

Sky News




 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.