Nóg ’n lyk op rampskip gekry
2012-01-30 05:13
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
GIGLIO (Italië). – ’n Onstuimige see aan die Toskaanse kus het vir die tweede dag die begin van die proses vertraag om bykans 2?miljoen liter brandstof uit die gestrande Costa Concordia te verwyder.
Amptenare het die verwydering van brandstof en die soektog na vermistes gister gestaak nadat vasgestel is die skip het 4?cm in ses uur geskuif.
Prof. Riccardo Fanti van die Universiteit van Florence meen die beweging kon veroorsaak wees deur die skip wat as gevolg van sy eie gewig skuif of in die seebedding afgly.
Nog ’n lyk – die 17de – is Saterdag tydens herwinningsoperasies gevind.
Dit is uitgeken as dié van me. Erika Soria Molina, ’n Peruviaanse bemanningslid.
Vyftien bemanningslede en passasiers word nog vermis.
Die Concordia, met 4200 mense aan boord, het op 13 Januarie gestrand nadat die kaptein van sy beplande roete afgewyk en die skip se romp op ’n rotsrif oopgeskeur het. – Sapa-AP
- Die Burger