Nóg 15 skik met NewsCorp oor skandaal
2012-02-09 00:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
LONDEN. – ’n Verdere 15 politici, sportsterre en glanspersoonlikhede het gister skikkings bereik met die Britse dagblad-afdeling van die mediagroep News Corporation in verband met die meeluisterskandaal.
Onder diegene wat gister geskik het, was die komediant Steve Coo-gan en die oudsokkerspeler Paul Gascoigne. Die skikkings wissel van £40000 (R480000) tot £75000 (R900000), het die Press Association berig.
’n Strafregtelike verhoor om die algemene beginsels te bepaal van hoe slagoffers van meeluistering vergoed behoort te word, begin volgende week.
– Reuters
- Die Burger