Mosie oor Afrikaans aanvaar

2012-02-08 00:00

DEN HAAG. – Die Interparlementêre Kommissie van die Nederlandse Taalunie het gistermiddag hier ’n mosie tot steun van die behoud van twee Afrikaanse universiteite met algemene stemme aanvaar.

In die mosie word die regerings van Nederland en Vlaandere ook gevra om Afrikaans aktief te ondersteun.

Die mosie is voorgestel deur die voorsitter van die kommissie, mnr. Martin Bosma, Nederlandse parlementslid van die Partij voor de Vrijheid (PVV), die mees regse party in die parlement. Hy het egter sekondante oor die hele politieke spektrum van links tot regs gewerf.

Alle lede van die kommissie het vir die mosie gestem, ook dié wat dit nie gesekondeer het nie.

Die taalunie is die orgaan waarin die Nederlandse, Vlaam­se en Surinaamse regering oor hul gemeenskaplike taal saamwerk. Suid-Afrika het ’n verklaring van voorneme tot samewerking onderteken, maar nog niks gedoen om dit in die praktyk toe te pas nie.

Die kommissie het gister in die senaatsaal van die Nederlandse parlement vergader.

Die aanvaarding is ’n deurbraak vir politieke rugsteun van Afrikaans in die Lae Lande. Dit wys dat die smet van apartheid – soos dit nog lank hier gesien is – nie meer aan die taal kleef nie, en dat die ongeduld met die ANC-regering oor sy aktiewe verwaarlosing van Afrikaans begin toeneem.

Bosma het die aanvaarding van die mosie gistermiddag in ’n verklaring “’n belangrike sein” genoem.

“Die Nederlandse en Vlaamse politiek begin stadig weer ’n oog te kry vir Afrikaans.

“Die Lae Lande het die taal van N.P. van Wyk Louw en Eugène Marais blykbaar nog nie opgegee nie.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.