Michael Jackson se kardioloog verskyn in hof
2010-02-09 12:47
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Michael Jackson se persoonlike geneesheer, Conrad Murray, het in Los Angeles in die hof verskyn in verband met die sanger se dood verlede jaar.
Voordat Murray by die hof ingestap het het verskeie mense in die groot skare wat buite saamgedrom het "Moordenaar" geskreeu.
Volgens die klagstaat het dr Conrad Murray sonder kwaadwillige bedoelings Jackson se dood veroorsaak.
Murray het onskuldig op alle aanklagte gepleit. Hy is borgtog toegestaan en sal weer in April in die hof verskyn.
Ook in die hof was Jackson se pa Joe, ma Katherine, en broers en susters LaToya, Jermaine, Tito, Jackie en Randy.