Koningin vier stil-stil 60 jaar op die troon

2012-02-07 00:00

DEN HAAG. – Koningin Elizabeth II het haar diamant-regeringsjubileum gister sonder fanfare met ’n normale werkdag gevier.

Sy het ’n laerskool naby haar Sandringham-buiteverblyf besoek, waar die kinders ’n toneelstuk oor haar regering opgevoer het.

Sy het ook die stadhuis van die dorp King’s Lynn besoek. ’n Paar honderd onderdane het die snerpende koue getrotseer om haar te begroet.

Later die dag was daar ook ’n kanonsaluut van 41 skote by Hyde Park in Londen, en ’n kanonsaluut van 61 skote by die Londense Tower.

Die koningin het self verkies om nie ’n groot herdenking te hou nie. Gister was naamlik nie net die 60-jarige viering van haar troonsbestyging in 1952 nie, maar ook die herdenking van die sterfdag van haar pa, koning George VI.

Die hoofviering sal in die Europese somer, in Junie, plaasvind, wanneer die weer ook beter is vir ’n reeks feeste in die buitelug.

In ’n boodskap aan haar onderdane het Elizabeth haar opnuut aan haar nasie toegewy. Sy het gesê sy is diep geroer deur al die boodskappe van steun wat sy en haar man, die hertog van Edinburgh, ontvang het.

Sy kyk na die toekoms met ’n “helder kop en warm hart” en beklemtoon die belang van familie, vriendskap en goeie buurskap.

Ook die huidige premier, mnr. David Cameron, het hulde aan die vorstin gebring deur haar te bedank vir haar “manjifieke diens” en die wyse waarop sy die land “met waardigheid en stille gesag” lei.

Cameron is die twaalfde premier sedert die koningin die troon bestyg het. Op 85 is sy die oudste regerende monarg ter wêreld, en as sy teen 2015 nog leef, sal sy wyle koningin Victoria as die langs regerende Britse vors verbysteek.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.