Gedoemde Costa Concordia ‘is ’n skatkis’

2012-02-04 03:00

ROME. – In die wanordelike ont­ruiming van die Costa Concordia het passasiers en bemanning byna alles aan boord agtergelaat – juwele, kontant, sjampanje, antieke ware, 19de-eeuse kristalglasware en duisende kuns­werke.

Onder die kunswerke is 300 jaar oue houtdrukke deur ’n Japanse meester. Dit is ’n skatkis wat nou onder die seewater lê waar die skip verlede maand gestrand het.

Hoewel sommige objekte uiteraard sal disintegreer, is dit net ’n kwessie van tyd voor skattejagters hul visier sal rig op die onderwaterskatte van die Costa Concordia, wat meer as 4200 mense aan boord gehad het.

“Solank daar nog lyke is, word dit as ’n graf beskou en dus iets wat almal moet vermy,” het mnr. Robert Marx, ’n veteraanduiker en skrywer van talle boeke oor maritieme geskiedenis, ondersese argeologie en skattejagte gesê “Maar sodra al die lyke verwyder is, sal daar ’n stormloop vir die skatte wees.”

Volgens hom het die Mafia onderwaterspanne wat in wrakskatte spesialiseer.

Die Costa Concordia was wesenlik ’n drywende luukse hotel en baie van die passasiers het dié noodlottige skeepsreis aangepak met hul beste klere en juwele om in die casino’s en by gala-etes onder hoë plafonne met toringkandelare te paradeer.

Daarbenewens was die massiewe passasierskip self $590miljoen (bykans R4miljard) werd en was dit vol waardevolle items, soos winkels vol juweliersware en meer as 6000 kunswerke.

“Dit is nou ’n duikerparadys,” reken Hans Reinhardt, ’n Duitse prokureur vir 19 Duitse passasiers wat vergoeding eis.

Voorlopig is die skip deur die owerhede geskut en omring deur reddingswerkers, skoonmakers en wetenskaplikes wat sy stabiliteit op die rotslaag dophou.

’n Dekreet is uitgevaardig om enigeen te verbied om binne een seemyl van die wrak te kom solank dit op dieselfde plek lê, het die kuswag gesê.

– Sapa-AP

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.