Wie’s bang? Nie Van Coke Kartel

2012-02-03 06:00

Die groep Van Coke Kartel (van links Jason Oosthuizen, Wynand Myburgh, Francois van Coke en Jedd Kossew) meen hul nuwe album, Wie’s bang, is veel rustiger, maar ander voel dis pure rock ’n roll. Foto: Juan Voges

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit is glo die eindtye. Die son spoeg vuur, die Majas het ophou tel en nog net een of twee berigte oor vloede en hittegolwe, dan gaan mense sekerlik weer begin blikkieskos opgaar.

Maar Van Coke Kartel is nié bang nié, het Rozanne Els uitgevind.

‘Ons sal altyd die einde vrees, dit gaan die einde van die wêreld wees, maak die sluise oop en laat die duiwels baklei oor jou,” sing Francois van Coke van Van Coke Kartel op die liedjie Die einde van die wêreld op hul nuwe album, Wie’s bang.

“Daar is ’n besliste tema van die eindtye op die album, maar dit gaan ook oor die situasie in ons land. Ons speel die twee teen mekaar af,” verduidelik Van Coke.

Ja, hulle speel lustig op Suid-Afrikaners se “kollektiewe paranoia”, erken Wynand Myburgh.

Net soos Koos Kombuis, wat in die 1980’s gesing het van die Paranoia in Parow-Noord (“Dis paranoia in Parow-Noord en alles gaan normaal net soos dit hoort”).

’n Mens weet nie of dit kunstenaars is wat die paranoia aanblaas of die paranoia is wat aan sangers knaag nie.

Maar hulle is nie bang nie – ten minste nie vir die eindtye nie, maar wel vir “alledaagse goed soos hoe ek my rekeninge gaan betaal. Gaan mense van die album hou? Gaan ons nog ’n MK-toekenning wen? Gaan ek dikker word? Dis senutergend om musiek te maak,” beklemtoon Myburgh.

Wie’s bang is hul vierde album en die eerste een waarop jy Jedd Kossew en Jason Oosthuizen ook kan hoor. Jy hoef net na die verskil tussen Wie’s bang en hul vorige albums te luister om te weet watter reuse-impak hul teenwoordigheid op die groep gehad het, veral met Kossew wat 90% van die musiek geskryf het.

Waar die vorige albums volgens Van Coke “net oor partytjie” gegaan het, voel Wie’s bang vir hulle meer soos ’n ware versameling liedjies.

“Daar was ’n bewuste poging om meer uiteenlopende liedjies te hê en ook om dit ’n lekkerluister-ervaring te maak,” sê Myburgh. “Vir my het die album ook meer rustig geklink, maar toe kom die resensies uit en almal is soos ‘dis regte rock en roll’!”

Die oorweldigende positiewe reaksie op die album beteken nie veel vir hulle nie.

“Daar is altyd ’n love-hate-verhouding met die media. Dan is daar iets goed, dan iets sleg. Eintlik moet jy nie resensies lees nie,” is Myburgh se mening.

“Dis lekker om iets goeds oor jouself te lees, maar dit voel erger as iemand iets negatiefs sê as wat dit goed voel as iemand iets positiefs sê,” voeg Van Coke by.

Hulle bekommer hulself eerder om relevant te bly – volgens Myburgh is dit die “grootste kriteria” van hul werk.

Hul vorige album se elektroniese klanke is byvoorbeeld dié keer agtergelaat vir ’n meer tydlose klank.

“Ons het Van Coke Kartel al vyf jaar gelede gestig, so ons dink en praat baie oor wat ons moet doen om relevant te bly. Jy moet heeltyd herskep wat jy doen,” gaan hy voort
Daarom glo hulle ook dat hul rakleeftyd nog lank nie verby is nie.

“Dit gaan nie oor hoe oud ons of die groep is nie, maar wat jy doen en hoe jy dit verkoop,” benadruk Myburgh. “Daar is baie maniere om met musiek geld te maak, jy moet net die neigings volg. Dan, as jy nie ’n siekte optel of ’n dwelmverslaafde word en doodgaan nie, kan jy lank relevant bly.”

Intussen is Van Coke en Myburgh getroud met die vroue in hul lewe.

“Dit is belangrik om balans te handhaaf. Toe ons jonger was, het ons baie no holds barred geleef. Nou het dinge verander,” verduidelik Van Coke.

“Kyk,” sê Myburgh, “ons hoef nie te gedrink het nie. Ons het dit gekies. Jy kan dit aanhou doen tot jy vrek, maar ek het besef dis nie meer wat ek heeltyd wil hê nie.

“Party meisies kan die leefstyl hanteer. En ons het nou getrou omdat ons vroue gevind het wat dit kan hanteer.”


 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.