Almodóvar dwing jou om te kyk

2012-01-20 06:00

Elena Anaya is die beeldskone gevangene Vera in die suksesvolle snydokter Robert (Antonio Banderas) se huis.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

The Skin I Live In
Drama
4/5

Met Antonio Banderas, Elena Anaya, Marisa Paredes
Regie: Pedro Almodóvar


In elk van sy rolprente gebruik die Spaanse rolprentmaker Pedro Almodóvar dieselfde boustene: geslag, seks, begeerte en identiteit.

Sy prente is soos ’n onbekende wêreld wat die kyker betree. Al waarborg wat jy het, is dat die auteur se blik eksoties en dwarsweg eksentriek gaan wees.

Hier dwing hy die kyker om te kyk, eerder as om waar te neem. Soms wil jy regtig nie meer nie, maar jy kyk. Van die beelde sien ons deur ’n toesigkamera. Jy het toegang tot ’n binnekamer, iemand se intieme ruimte. Ons hoort nie daar nie. ’n Vrou in ’n vleeskleurige spanpakkie doen joga, maak kleibeeldjies en teken teen die wit mure. Alles is modern, sjiek; tog voel jy die onheil aan voordat ’n druppel bloed spat.

Die suksesvolle dog obsessiewe snydokter Robert Ledgard (Banderas) hou Vera (Elena Anaya), ’n pragtige vrou, gevange in sy moderne villa buite Toledo. Is Vera sy pasiënt, wonder jy aanvanklik so half onskuldig. Een van die talle rykes wat ’n ander gesig en lyf by die wonder-dokter bestel het?

Of is hier veel meer op die spel? Die verhaal maak gru-kronkels wat in die riller- en gruwelgenre tuishoort, maar getrou aan Almodóvar beloon hy jou aan die einde met ’n eksistensiële drama.

Hy draai die spieël terug na sy kyker (manlik of vroulik) en vra prontuit: “En jy? Wat is die bou­stene van jóú identiteit?”

Almodóvar speel weer slinks met “maskers”: ’n Verlore seun klop aan, geklee in ’n kind se tierpakkie, Vera dra ’n masker wat later ’n pragtige, vlekkelose gelaat openbaar, Banderas se gesig is deurentyd ’n strak masker. Wie is die karakters dan nou eintlik? Net in die heel laaste toneel identifiseer die hoofkarakter haarself.

Ook opvallend, soos altyd, is die dubbel-rol van die ma. ’n Soort piëta-figuur wat die smart van haar seun op haar neem – of dalk eerder die bose medepligtige? Die prent is Almodóvar se verwerking van die Franse skrywer Thierry Jonquet se riller Mygale. Hier word nie mooi broodjies gebak oor die politiek van die liggaam of geslag nie.

The Skin I Live In is so openhartig en eiesinnig soos ons eie Skoonheid . Lank lewe dié vreeslose regisseur wat die skuiwergate in ons kosbare sekerhede wys.

  • Nie vir sensitiewe kykers nie; weens inhoud van grafiese seksuele geweld.


Ouderdomsperk: 18GNSD.
Tydsduur: 120 minute.

- Soortgelyke prent: Talk to Her
 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.