Cage skitter by tye in sy soeke na geregtigheid

2012-01-27 06:00

Nicolas Cage

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Seeking Justice
Aksieriller
3/5


Met: Nicolas Cage, January Jones, Jennifer Carpenter, Guy Pearce, Harold Perrineau

Regie: Roger Donaldson


Geregtigheid word nêrens klinkklaar op ’n skinkbord na jou toe aangedra nie. As dit wél so was, sou daar jaarliks honderde minder rolprente oor dié onderwerp vervaardig kon word. Dit bly ’n soeke, soos dié jongste toevoeging uitwys.

Die tema en storie van Seeking Justice kan in ’n enkele sin opgesom word: Getraumatiseer deur ’n aanval op en verkragting van sy vrou, onderhandel ’n doodgewone onderwyser met byna Faustiaanse oortuiging met ’n weerwraak-groep om die skuldiges aan die pen te laat ry.

In New Orleans waar Will Gerard (Nicolas Cage) voor sy klas staan om leerders met digkuns en Shakespeare te verryk en sy aantreklike vrou, Laura (January Jones), die tjello in die plaaslike orkes speel, is dit eintlik die boewe wat wil oorneem.

Will wil ook vermy dat Laura aan ’n uitgebreide hofsitting blootgestel word. Die polisie is lankal korrup en onbetroubaar en omdat dit so is, word Will spoedig genader deur ene Simon (Guy Pearce), ’n geheimsinnige kaalkopman in ’n pak klere. Hy oortuig Will dat hy die mannekrag besit om doeltreffend weerwraak te neem. Al wat hy moet doen, is om een of ander tyd vir húlle ’n guns te bewys: quid pro quo, wat ruweg “iets vir iets”, “dit vir dat” of “gee en neem” beteken.

Spanning begin laai wanneer Will oor tyd nie sy kant van die ooreenkoms kan nakom nie. Hoe kan ’n onderwyser oornag die kennis opdoen van hoe vergelding in die misdaad-onderwêreld funk­sio­neer, laat staan om dit alleen aan te vat? En wie kan hy werklik vertrou?

Die goeie nuus is dat Seeking Justice Cage se beste vertolking van die afgelope jaar bied. Minder aangenaam is dat die intrige by tye so werklik deursigtig raak.

Cage is op sy beste as sy karakter deur botsende emosies moet werk. Daar is ’n hele aantal ongemaklike voorbeelde daarvan te sien. Dis egter jammer dat hy te dikwels moet abdikeer voordat hy die morele dilemmas waarmee hy worstel, kan oplos.

January Jones verras met stewige spel, terwyl strakgesig Guy Pearce nie ’n greintjie emosie, laat staan simpatie, uit sy gesig laat straal nie.

Die fliek het sy kwota jaagtogte, asook oomblikke van humor wat op die regte plekke as ongeforseerd uitstaan. Dit lig die prent minstens by tye tot ’n bogemiddelde vlak uit.

Jennifer Carpenter, in die rol van Laura se beste vriendin, se karakter bly onderontwikkel – iets wat dalk suggereer dat heelwat van haar bydraes op die redigeerder se vloer beland het.

Ouderdomsperk: 16TG. Tydsduur: 104 minute.


- Soortgelyke prent: Death Wish

 

binne die burger

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.