Man on a Ledge

2012-02-03 06:00

Man on a Ledge
Spanning
3/5

Met: Sam Worthington, Elizabeth Banks, Genesis Rodriguez, Jamie Bell, Edward Burns, Ed Harris

Regie: Asger Leth


Die gemiddelde New Yorker op straat is klaarblyklik mal oor ’n stukkie skouspel; iets wat die karakter Nick Cassidy (Sam Wor­thington) deeglik besef en tot sy voordeel gebruik.
 
Op ’n gryserige herfsdag bespreek Nick ’n kamer in die ­Roose­velthotel, bestel ’n luukse ontbyt en klim dan by die venster uit om stelling in te neem op die lysie, 14 verdiepings bo die grond. Wanneer die polisie opdaag maak Nick sy eis duidelik: Hy sal slegs gesels met die polisie-onderhandelaar Lydia Mercer (Elizabeth Banks), of hy spring.

Sy sending? Nick is ’n ontsnapte gevangene en wil sy onskuld bewys. Die besef kom vinnig dat hy nie die deursneë “springer” is nie; hier skuil meer onder die oppervlak. Want aan die oorkant van die straat is ’n jong paartjie, Joey (Jamie Bell) en Angie (Genesis Rodriguez), besig om by ’n hoëveiligheid-gebou in te breek – en hulle is heeltyd in verbinding met Nick.

Man on a Ledge val in dieselfde kategorie as raaiselflieks soos die treffer Inside Man, behalwe dat hy sy kaarte nie heeltemal so naby sy bors hou nie. Die ware skuldiges kan jy redelik gou uitken en daarna is dit net ’n geval van agteroorsit en sien hoe hulle skarrel wanneer Nick se veldtog die nuusagentskappe se aandag trek.

Ondanks ’n redelik voorspelbare verloop is dit ’n genotvolle fliek.

Die spanningslyn kon bietjie stywer gespan het, maar die uitstekende fotografie (al daardie diepteskote!) is genoeg om enige kyker teen die sitplek te laat terugbeur. Worthington en Banks vaar goed; tog word hulle getroef deur die plesierige vonk tussen die twee jong klouterdiewe.

Tussendeur hul ietwat lomp pogings om ’n gevorderde veiligheidstelsel te fnuik, grinnik jy keer op keer vir die verliefdes se spitsvondige (en seksueel gelaaide) skertsery.

Ed Harris oorspeel effens as ’n diamant-magnaat met ’n gróót geraamte in die kas. Sy karakter se vloermoer-persoonlikheid maak dit wel moeilik om hom as ’n gevaarlike boef te sien; jy wil hom eerder ’n goeie pak slae gee.

Man on a Ledge gaan jou dalk nie deurgaans op die punt van jou stoel hou nie, maar dit sal jou heel moontlik met ’n tevrede glimlag daaruit laat opstaan.

Ouderdomsperk: 13TG. Tydsduur: 103 minute.


Sam Worthington is ’n desperate man met ’n punt om te bewys in die spanningsfliek Man on a Ledge.

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.