’n Lewe ryk aan verhale en erkenning

2010-03-15 22:23

Die doyenne van Afrikaanse ­kinderliteratuur, Alba Bouwer, is vandag 90 jaar oud.

Haar dekades lange skrywerslewe (sy was ’n tydgenoot van onder andere formidabele vroue­skrywers soos Audrey Blignault en Rykie van Reenen) lewer ’n ryk oes aan erkenning en bydraes op.

Die uitgewer Danie Botha ­vertel hy was bevoorreg om soms by haar aan huis in Oranjezicht te kom, eenmaal om vir Die Kaapse Bibliotekaris ’n onderhoud te voer. “Daardie somermiddag gebruik sy ­beelde om haar skryfwyse te verduidelik. Sy praat van ’n sin waarin die woorde soms opdam soos water in ’n sloot en jy moet die water weer laat loop. Of jy stap in die veld en tel houtjies op vir latere vuurtjies. Daarmee was ek terug op ons plaas by Brandwacht met sy waterstrome en renosterbosse.”

Oor die skrywer van die ­klassieke ­Rivierplaas-stories (die Alba Bouwer-omnibus is onlangs heruitgereik met illustrasies deur Katrine Harries) vertel Botha hy dat hy by ­Tafel- berg-Uitgewers aangesluit het ’n rukkie ná die verskyning van ’n Hennetjie Met Kuikens. “Ek kom agter hoe hoog sy as skrywer waardeer word, hoe ­elke boek van haar ’n gebeurtenis is, hoe dikwels sy bekroon is.”

Marina le Roux, ’n jare lange vriendin van Bouwer en kenner van kinder- en jeuglektuur, ­vertel in 1963 met die ver­skyning van Stories Van ­Berg­plaas, het Bouwer met Hubert Coetzee, destyds besturende ­direkteur van Nasionale Pers, in die huwelik getree. Sy word die ma van twee, ­Hubert se ­kinders, Annalette en Leon. In 1975, ses jaar ná Coetzee se dood, trou sy met Jan Hofmeyr, ’n ­prokureur van ­Riversdal.

Leon Coetzee sê oor sy stiefma: “Alba se invloed in my lewe is vandag my grootste bate. Ek dink vandag op haar 90ste verjaardag met groot bewoënheid terug aan die wonderlike jare wat ek gehad het saam met een van die merkwaardigste vroue in Suid-Afrika.”

Le Roux vertel welverdiende toekennings vir Bouwer se baanbrekerswerk het nie uit­gebly nie. “Vir die twee Rivierplaas-boeke is die Scheepers-prys in 1959 aan haar toegeken. In 1965 ontvang sy die prys die tweede keer in drie boeke: Katrientjie Van Keerweder, Stories Van Bergplaas en Stories van Ruyswyck. Bouwer verower die C.P. Hoogen­hout-toekenning drie maal. Met Vlieg Swaeltjie, Vlieg Ver word sy die eerste ontvanger van die ­gesogte M.E.R.- prys, ingestel deur Nasio­nale Pers in 1984. In 1987 stel die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ’n nuwe toekenning ­bekend: die Alba Bouwer-prys, ’n welverdiende huldeblyk aan die doyenne van die Afrikaanse kinderliteratuur.”

Botha vertel sy het Thielicke vertaal, en het gebedeboeke ­onder ’n skuilnaam geskryf. “Ek werk met haar saam met haar kinderboekvertalings en met Afrikaans 100. Sy vertrou haar enigste roman vir vol­wassenes, Die Afdraand Van Die Dag Is Kil, aan my toe vir ’n ­keu­rings­verslag. Maar blykbaar het ek herskrywings ­verwag wat sy nie nodig gevind het nie. Charles Fryer het ­uit­eindelik dié belangrike werk oor die ouderdom vir ons letterkunde gered. In 1995 ­ver­sorg ek ’n bundel letter­kun­dige essays onder redaksie van Thomas van der Walt ter viering van haar 75ste verjaardag, Die Blink Uur Van Mooi Dinge”.

Le Roux vertel Bouwer was net soos Blignault en Van Reenen, ’n kundige en prolifieke skrywer. “Haar indrukwek­kende oeuvre sluit in tien oorspronklike kinder- en jeug­boeke. Sy het ook talle kinderboeke uit Engels, Duits en Nederlands in Afrikaans vertaal en verwerk, die bekendste miskien Winnie-die-Poeh (1985). Voorts het Bouwer ook kosbare bydraes gelewer tot tydskrifte en verskeie ­ver­samelbundels.”

Hennie Aucamp wys daarop dat Bouwer een van die fynste stiliste is wat Afrikaans al ­opgelewer het. “Wanneer ’n mens ’n galery van onsterflike karakters in die letterkunde ­oproep, sal kinderkarakters in kinder- en jeugboeke ’n plek ­opeis, en dit geld ook die ­Afri­kaanse letterkunde. ’n Mens dink aan die ‘monsters’; aan Brolloks en Bittergal van Langenhoven, aan Water­bobbejaan van Ben Venter. Maar jy dink ook aan die fynsinnige kindergestaltes uit die pen van Alba Bouwer, soos Alie van Rivierplaas en Abdoltjie van die ­Bo-Kaap, wat blywend en ­tydeloos geword het in die her­innering; kortom klassiek. Haar aanvoeling vir woorde en hul toonwaardes, haar onfeilbare sin vir ritme, behoort weer aan die hoë klok gehang te word, in ’n tyd ­waarin onpresiese ­segging die reël en nie die uitsondering nie geword het.

“Bouwer het in die laaste fase van haar skryfloopbaan oor ‘daar­die ander kind, die ou mens’ – háár woorde – begin skryf, en haar beklemmende ­roman, Die Afdraand Van Die Dag Is Kil, laat geen twyfel oor die beproewinge van oudword en oudwees nie.”

Besoek www.http://blogs.die burger.com/boekredaksie25.

- Die Burger

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: °C Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.