Winternachten 1ste keer in Turkye

2009-12-16 03:55

Diana Ferrus, veral bekend om haar gedig oor Sarah Baartman en stigter van die vroueskrywersgroep Women in X-chains, het tevore aan die ­Winternachten-fees in Den Haag deelgeneem. Vanjaar was sy op ­uitnodiging van Winternachten saam met skrywers van Sint Maarten (Antille), Marokko en Nederland saam na Turkye.

Sedert 2001 reis digters en skrywers deur middel van Winternachten na die buiteland. Winternachten help om literêre programme in ­Indonesië, Suid-Afrika, Marokko, Turkye, Suriname en die Antille te reël. Luidens ’n persverklaring is skrywers gekies op grond van ­werk wat aansluit by die temas van die geleenthede wat in die stede Istanbul en Diyarbakir ­aangebied is, naamlik kulturele vryheid en die verlede.

Ferrus, tans verbonde aan die ­bedryfsielkundedepartement van die Universiteit van Wes-Kaapland, het saam met ander skrywers en digters voorlesings en werk­sessies in dié stede aangebied.

Sy vertel Turkye het ’n ­geskiedenis van konflikte, “so ook konflikte oor tale”. “Die Koerdiese taal was (tot onlangs) in Turkye verbied. Ek het natuurlik trots oor Afrikaans gepraat en so veral in ­Diyarbakir was daar baie vrae vir my oor taal. Gewelddadige kon­flikte is nog baie vars in mense se ­geheue en ek het die gevoel gekry dat ’n begeerte vir vergelding vlak in mense se harte lê. Ek het my ­gedig oor vrede “The Peace Song – a poem without pretence for peace” voorgedra en by die besprekings het ek en ’n Marokkaanse skrywer, ­Abdelhay Moudden, gepraat oor ons Waarheids-en-versoeningskommissies. Marokko het hulle WVK op ons s’n gebaseer.”

Die skrywers het op verskeie plekke in die stede opgetree. “In Istanbul het ons twee op­tredes gehad, een in ’n restaurant – daar was nie mikro­fone nie en ons moes toe baie kreatief wees. Die digter Lasana ­Sekou van St. Maarten het ­byvoorbeeld sy gedig begin lees en al pratende met die trap afgeloop en die eters en drinkers het tjoepstil gesit. Dit het gewérk.

“Die ander optrede was in ’n boekwinkel. Ons het ook die Okan-universiteit besoek en ’n seminaar gehad met vier Turkse ­skrywers, insluitend een van ­Armeense ­afkoms. Een skrywer, Ragip Zarakolu, ’n menseregte-aktivis, is ’n uitgewer en was ­vele kere geteister ­omdat hy boeke uitgee wat oor menseregte en minderhede in ­Turkye handel. Die moderator van hierdie seminaar was Gûnduz Vassaf, ’n ­professor voorheen van die Bogazici-universiteit en ’n stigterslid van Amnestie Internasionaal in Istanbul.”

Op die toer het Ferrus ook ­verskeie aktuele kwessies daar leer ken. “In Diyarbakir het ons na die universiteit gegaan waar daar oor die Koerdiese taal ­besin is. Ons het ook opgetree by ’n skool waar die leerders ­ver­basend flink op ons werk gereageer het. Frank Westerman, ’n Nederlandse skrywer, het aan ’n ­bespreking oor sim­bole in die ­konteks van kulturele en godsdienstige ­identi­teit deelgeneem. Hy het ’n wonderlike roman, ­Ararat, geskryf.”

Sy en Moudden het aan ’n ­bespreking oor die onderdrukking van kulturele identiteit en konfron­tasie met ’n verlore ­geskiede­nis deel­geneem. Inci Aral, ’n ­gewilde ­Turkse skrywer, en ­Markar Esayan van Armeense ­afkoms, was die ander deelnemers, het Ferrus gesê.

“ ’n Hoogtepunt was die bekendstelling van die heel ­eerste roman in die Koerdiese taal wat in Turkye uitgereik word: ­Siwane Kurmance (Koerdiese ­Herder) deur Erebê ­Semo.” By die geleentheid moes onder andere die Winternachten-skrywers dele daarvan in Koerdies lees.

“Daarna het ’n Koerdiese orkes ­gespeel en ons het saamgedans met veral die ou Koerdiese mans, wat met trots, maar veral ook met ­heimwee in hul oë hul kultuur ten toon gestel het.

“Hierdie gebeurtenis het ’n jong Turkse vertaler, ­Tuba Parlak, in trane gehad.”

Ferrus sê Parlak het laat blyk ’n paar maande gelede was só ’n ­geleentheid nie denkbaar nie.

“In ’n bespreking het ek en ­Moudden oor versoening gepraat. Die vrae wat gevra was, het my laat besef dat baie van diegene ­­teen­woor­dig swaar gesluk het aan so ’n moontlikheid.”

Sy vertel Turkye “dra ook swaar aan ’n geskiedenis van verdrukking”.

“As ons kyk na kulturele vryheid in die huidige opset dan is Suid-Afrika hulle myle vooruit... Facebook is verban in Turkye!”

Sy het pas teruggekeer en is aan die werk, onder andere “probeer (ek) my tesis voltooi wat handel oor my pa wat ’n krygsgevangene was gedurende die Tweede Wêreld­oorlog”. “Ek probeer gelyktydig ook om ’n boek daaroor te skryf. Ek en Women-in-Xchains wil graag ’n kortverhaalbundel uitreik. Ek werk ook aan my Engelse bundel, I’ve Come to Take You Home.”
 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Embedded Developer

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R30000 - R40000

Software Engineer

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R20000 - R30000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

PALIO 1.6ELX
2006
R 79,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2007
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.