Wildenboer wen gesogte kunsprys

2011-11-18 00:00

Kaapstad

’n Besondere kunswerk oor die effek van omgewingsveranderinge op die mens het die Kaapse kuns­tenaar Barbara Wildenboer die toeskouersprys van die Sovereign-kunsstigting besorg.

Wildenboer ontvang die gesogte prys eerskomende Dinsdagaand op die landgoed Tokara op Stellenbosch. Die algehele wenner van die Sovereign-kunsprys, wat kunstenaars in Afrika vereer en vanjaar vir die eerste keer uitgeloof word, is vroeër aangekondig. Hy is Hassan Hajajj van Marokko.

Wildenboer, wat pas terug is van ’n kunsverblyf in Colombia, is bly met dié erkenning.

“Heidi Erdmann van die galery ErdmannContemporary en The­PhotographersgalleryZA in Kaapstad het my genomineer. Sy was een van 37 mense van oral in Afrika wat aangewys is om kunstenaars vir die toeskouersprys aan te beveel.”

Die wenwerk Interior/ Exterior (The Principles of Insect Physiology) bestaan uit ’n herskepte boek waaruit ’n ragfyn papierpatroon waaier. “Dit is een van ’n reeks natuurwetenskapboeke wat ek omskep het deur in die boekbladsy en oortreksels in te sny om die interieur van die boek bloot te lê.”

Dié werk is ’n voortsetting van Wildenboer se kunswerke wat bestaan uit ingewikkelde konstruksies uit papier en boeke wat sy hersaamstel.

Wildenboer verkies om met ouer boeke te werk waarvan die blaaie al vergeel het, om ’n gevoel van nostalgie oor te dra. Sy kies ook boeke vir die temas en inhoud daarvan.

“Die werke waarmee ek tans besig is, is beïnvloed deur die idee van solastalgia. Dit is ’n term wat deur die Australiese omgewingsfilosoof Glenn Albrecht geskep is. Dit verwys na ’n psigiese of eksistensiële angs veroorsaak deur omgewingsveranderinge soos mynwerke of klimaatsverandering.

“Albrecht het die Latynse woord solacium (troos) en die Griekse woord algia (pyn) gekombineer om amper soos die woord nostalgia te klink.”

“Solastalgia verwys na die angs en vrees wat ’n mens ervaar wanneer jy besef dat jou onmiddellike omgewing bedreig word. Dit is ’n vorm van heimwee, waar jy nie jou tuiste verlaat het nie, maar eerder waar jou tuiste soos jy dit geken het, jou ‘verlaat’ het.”

Wildenboer het onlangs weer begin om foto’s en fotografiese prosesse in haar werk te gebruik by die onlangse werksessie in Bogotá in Colombië. “Aanvanklik het die foto’s net die papierkonstruksies gedokumenteer, maar dit het toe ontwikkel in ’n proses waar ek weer in die foto’s ingesny het en dit herverwerk het. Wat ek hou van die proses is dat ’n mens so opnuut bewus raak van die foto se verhouding tot tyd en verganklikheid.”

Wildenboer werk tans aan ’n nuwe reeks werke waarmee sy in Bogotá begin het, wat deel is van ’n solotentoonstelling in die galery ErdmannContemporary in Kortmarkstraat.

“Ek het my veral toegespits op bedreigde kolibries (suikerbekkies) en ou atlasse om ’n reeks foto’s van veranderde boeke en ander papierkonstruksies te skep.”

  • Werke van Wildenboer is eersdaags op twee groepsuitstallings te sien – Bloom 11 in die herehuis Casa Labia in Muizenberg en Implemented Environments in Brundyn & Gonsalves by Loopstraat 71 in Kaapstad. Albei uitstallings open op 7 Desember.
 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.