Toffie Pop skep geleenthede om kreatief saam te werk

2012-02-06 21:51

Vanjaar neem meer as 60 ­deel­nemers uit verskeie kreatiewe genres deel aan Toffie Pop, ’n ­internasionale ­kultuur-konferensie en -fees wat ­aan­staande maand in die Kaapstadse ­stadsaal plaasvind.

Ontwerpers, kunstenaars, ­musi­­­kante, rolprentregisseurs, tydskrifredakteurs en uitgewers van oor die wêreld heen sal van 30 Maart tot 1 April as sprekers of uitstallers aan die fees deelneem. Die geleentheid fokus op eietydse populêre kultuur, ­ontwerp, musiek, tydskrifte, kuns, klankontwerp en “enigiets ­anders wat vermaak”.

Volgens Peet Pienaar, kreatiewe direkteur van die ontwerp­ateljee The President en organiseerder van Toffie Pop, is die doel daarvan om te dien as ’n ­internasionale ontwerp-netwerk waardeur Suid-Afrikaanse ontwerpers internasionale blootstelling kan kry. “Dit gaan oor die skep van konneksies en beter werk deur deelname,” sê hy.

Die deelnemers sluit in Penny Martin (Brittanje), hoofredakteur van The Gentlewoman, die rolprent regisseur Roul Wouters ­(Nederland), Omar Sosa ­(Spanje), artistieke direkteur, uitgewer en grafiese ontwerper van die tydskrif Apartamento, die broers Juan en Alejandro ­Mingarro van die Brosmind-ateljee in Barcelona, die mode-aankoper en blogger Malibongwe Tyilo van Suid-Afrika, die kontemporêre kunstenaar Athi-Patra Ruga en die filmregisseur Chris Bisset, albei Suid-Afrikaners.

Daar sal ook ’n internasionale kompetisie wees waarin ses spanne meeding in ’n reeks uitdagings wat op die fees gestel sal word. Die Suid-Afrikaanse span bestaan uit Smiso Zwane, ­Zamani Xolo, Paul Shiakallis en ­Manto Ribane. Hulle sal spanne van Spanje, Nederland, Switserland, Brittanje en Argentinië die stryd aansê.

Kaartjies vir die geleentheid kos R750 en bied toegang tot die volle konferensie van drie dae, insluitend die praatjies, uitstallings, mark en kosstalletjies. Werk­sessies kan teen R250 elk by­gewoon word. Bespreek by ­toffie@­thepresident.co.za.

 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.