Sy kortverhale bly flonker

2012-02-09 00:00

“Ek het grootgeword met diewe en moordenaars wat ontsnap het en dan in vervalle murasies of in Swartberg se klowe tussen ruie bosse wegkruip. Gange waarin iemand afstap en dan skielik die reuk van die dood kry, vrouens wie se hare in een nag heel­temal grys word, gesmoorde gille, dig toe vertrekke waarin klippe of klonte vars bloed op mense val, dit het nie net in my nagmerries bestaan nie. Maar daar was ook dié stories wat jou ­gevoelens verwar het...”

So vat ’n fiktiewe skrywer in ­Abraham H. de Vries se Skaduwees tussen skaduwees (1997) die Kannalandse oerbronne saam waaruit sy verhaalkuns sou ontstaan het. Op ­abstrakter vlak verwys hy daarna as die onbegryplike, die verskriklike, die onverwagte en (soms) droefheid.

’n Mens sou, denkende aan die werklike skrywer, wou byvoeg: partymaal ook ’n skaterlag, selfs vir lesers wat hy in ’n strik gelok het. Want vra jy hom byvoorbeeld versigtig, soos selfs sy ou vriend André P. Brink ­gedoen het, na die geleerde dr. Thelo, wat aand ná aand bogenoemde ver­hale met die skrywer se vader sou sit en uitwissel het, blyk dit dié het nooit bestaan nie. Net so min soos sy boek met die tergende maar dubbel ­fiktiewe titel Myth and Reality, the Karroo and the Camdeboo (Balkema, 1961), vertaal as So het hulle vertel!

Nou is die werklike De Vries 75, en is dit 55 jaar sedert sy eerste boek, Hoog teen die heuningkrans, opgevolg deur tientalle ander. En ook deur ­akademiese studies, polemieke oor landsake, dokumentêre rolprente, veldtogte vir die belange van medeskrywers en internasionale optredes.

Hy is steeds buitengewone hoogleraar by die Universiteit van Wes-Kaapland.

Die meestervertellers van die Klein- Karoo was inderdaad vir hom rigtingwysers, hoewel sy groot kundigheid oor literêre teorie steeds meespeel.

Uit die mond van een van hulle, sy groot vriend Izak Bruwer, kon ek self hoor van byvoorbeeld ’n liefdes­dilemma waar die tweetjies se verhouding deur ouers van weerskante so ­ingeperk word dat hulle slegs in die naasliggende hoenderhokke kon ­ontmoet. Of van die dorpspan wat op pad terug van waar ook al steeds ’n laaste bier gaan drink het in Barry­dale se hotel wat destyds aan twee ­susters behoort het. Die een het mos so ’n imponerende boesem gehad...

Dit is uiters gepas dat die KKNK vanjaar aan De Vries ’n Afrikaans ­Onbeperk-toekenning vir Lewens­bydrae toeken. Dit is ook verblydend dat daarby na hom as “meesterkortverhaalskrywer” sowel as “kontrei­storieverteller” verwys word. Die ­vernaamste rede waarom hy oor die jare so stief behandel is deur onder andere die toekenners van Akademie-pryse is waarskynlik dat die hoë ­letterhere en -dames daardeur verwar is dat hy twee oeuvres uit­gebou het.

Allereers is daar die “ernstige” verhale, altyd nog die kern van sy werk, en waarvan ­verlede jaar ’n bloem­lesing, Die ­behoue huis, verskyn het.

Daarteenoor staan die komiese kontreistories soos in Rooikoos Willemse is soek (2006), net mooi dit wat geleerdes ­afskrik. Wat die saak nog ingewikkelder maak, is dat De Vries soms glim­lagstories as springplank gebruik na die groot temas van die wê­reld­­letterkunde. Daarvan is die einste Rooi Koos, wie se bravade by dorpsrugby hom in ’n diepe eksistensiële krisis laat beland, ’n sprekende voorbeeld. Miskien is De Vries se grootste sonde juis dat hy “gevoelens verwar”.

Deurgaans het ’n mens by hom met ’n vakman te make op soek na nuwe ­maniere van vertel. Dit is daarom nie verbasend nie dat ’n jonger skrywer soos Etienne van Heerden juis De Vries se werk vir ’n ­doktors­graad gekies het. Met sy studies oor die kortverhaal en die Groot ­Afrikaanse Kortverhaalboek het De Vries bowendien al ’n reusebydrae tot die Afrikaanse literatuurwetenskap gelewer.

Nog ’n sonde is hoeka dat hy by ­uitstek kortverhaalskrywer is. Dit is ’n genre wat by pryse ­ontereg gereeld laer as die roman aangeslaan word. De Vries se werk self laat al sien hoe ’n mistasting dit is. ’n Enkele bundel van hom, dikwels selfs ’n enkele verhaal, stel groter eise aan die leser en omvat meer as die meeste romans.

Daarom is die tyd ryp vir die instel van ’n jaarlikse Abraham H. de Vries-prys vir die Afrikaanse kortverhaal, by uitstek die genre vir die volgehoue verfyning van ons prosa. Intussen sal sy eie werk bly flonker vir wie dit ­ook al oopslaan lank-lank nadat ­berigte oor pryswenners vergeel het.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.