SA se bekendste kulkunstenaar Martino (64) sterf
2011-02-26 06:56
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Johannesburg. – Martino, Suid- Afrika se bekendste kulkunstenaar, is gisteraand in die Pretoria-Oos-hospitaal dood nadat hy lank siek was.
’n Kennis van Martino (64) het gisteraand gesê die hospitaal het sy familie vroeër ontbied nadat sy toestand erg verswak het.
Martino, wat in Bela-Bela (Warmbad) gewoon het, het glo ná ’n operasie aan sy dermkanaal sepsis ontwikkel.
Hy was we- ke lank in die hospitaal se waakeenheid.
Martino het reeds op die ouderdom van 17 jaar begin sirkustoertjies doen. Hy het in towerkuns begin belangstel en sowat drie jaar lank in die Pretoria-omgewing saam met sy broer en nog mense opgetree as deel van die Martino Trio.
Hy het daarna op sy eie begin optree as kulkunstenaar.
In die 1980’s het Martino ’n huishoudelike naam geword met sy TV-reeks, Die Kulkuns van Martino. Hy was veral bekend as skepper van die frase: “Kul jou hier, kul jou daar, en siedaar!” wat as handelsmerk geregistreer is.
- Die Burger