Reaksie op skryfbeurs gaan oor persepsies van Rabie, Wallace en Brink

2009-12-10 04:26

Zelda Jongbloed begin haar ­rubriek oor André P. Brink ­(“André P. Brink behoort sy prys terug te gee”, DB, 7 Desember) met die volgende woorde: “ek ken die skrywer André P. Brink nie, maar het respek vir hom en bewonder hom as skrywer”.

Wel ek gaan my stuk begin soos volg: Ek ken hom persoonlik en ek bewonder hom as skrywer, ­teoretikus, polemikus en veral as figuur wat deur die jare met ­onverdrote ywer teen ongeregtigheid / leuens / waansin standpunt ingeneem het.

Die impak van ’n werk soos ­Kennis van die Aand is waarskynlik nog nie geregistreer nie op die gemoed van ’n hele geslag wit, Afrikaanssprekende jong mense wat polities wakker geskud is.

Sy werk as teoretikus en ver­taler verdien hoë lof, net soos sy reisbeskrywings. Nou onlangs het hy oor Algerië geskryf en met ­verbluffende insigte ’n wêreld voor die leser laat oopwaaier. Veral sy interpretasie van Camus was voortreflik, hoewel ek nie gehou het van sy snedige verwysings oor Sartre en De Beauvoir nie.

Die hewige reaksie oor die prys wat aan hom toegeken is, werk dus met die impak wat hierdie ­skrywer as ’n simboliese figuur deur die jare opgebou het.

Die Jan Rabie en ­Marjorie ­Wallace-beurs is dan ’n ander ­simboliese lading. Hierdie twee ­figure het eweneens gestaan vir ’n opstand teen on­geregtigheid / apartheid / grypsugtigheid / die establish­ment.

Natuurlik sal Brink se beurs­aansoek skitterend wees. Die man was immers ’n professor; hy ken die ­teoretiese jargon en hy is ’n skerpsinnige leser. En natuurlik sou hy kom met ’n indruk­wek­kende aansoek oor ’n relevante ­roman vir die hier en nou oor dit wat agter ons lê.

Maar dit is nie die punt nie.

Dit gaan hier om persepsies, naam­lik dit waarvoor Brink staan en dit waarvoor Rabie / Wallace staan. (Gaan lees maar Jacques ­Lacan om dit alles te begryp.)

Natuurlik staan dit nêrens dat die prys aan ’n bruin skrywer ­toegeken moes word nie. Ek het weer die reglement sorgvuldig ­gelees en een sinnetjie het my wel opgeval: “vry van die bekommernisse om ’n inkomste te genereer”.

En ek dink dit is hierdie sinnetjie – in die mond van Steward van Wyk in ’n onderhoud op LitNet – wat die gemoedere hoog laat loop.

’n Jong, nie-gevestigde skrywer is waarskynlik nie in die posisie waarin ’n afgetrede en gevestigde skrywer met internasionale ­aan­sien is nie. Trouens, ek was van die begin af die mening toe­gedaan dat die beurs opgedeel moes word ­sodat ’n Ronelda S. Kamfer en ’n Danie Marais hiervoor in ­aan­merking sou kon kom. Of ’n Willem Fransman en ’n Tom Dreyer.

As oor hierdie simboliese ­kwessies vooraf duideliker besin was, had ons nie nou ’n geval van “drie kaalkoppe eet tesame” nie.

Hierdie is maar net Johanna se storie om met Rabie saam te praat.

Ek het nie aansoek gedoen nie, ek gun elke diertjie syn ­plesiertjie.

Maar dit is jammer dat die prys nou vir Brink bederf is én dat die prys wat bedoel is om skryfkuns te bevorder, nou só beklodder word.

Het ’n gevestigde skrywer, vra ek myself af, áánmoediging ­nodig?

Natuurlik behoort die meriete van die aansoek ’n belangrike rol te speel, maar dit is ’n ongelukkige voorval as die ander implikasies nie deeglik beskou is nie.

Sou ’n jong André P. Brink ­vrede gehad het as W.E.G. Louw so ’n beurs bo ’n Sestiger verower het?

Hy sou beslis sout en peper gestrooi het..


Joan Hambidge is professor in die Afrikaanse letterkunde en skeppende skryfwerk aan die ­Universiteit van Kaapstad.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.