Pendelaars se lot onder loep

2012-02-09 00:00

KAAPSTAD. – Verlede jaar het Riaan Visman die produksie Kap ’An op die Die Burger-Suidoosterfees met die samewerking van die Stad Kaapstad geopen. Vanjaar kan gehore uitsien na sy tweede stuk, die kabaret Trein Smash. Dit handel oor twee vryskut-akteurs wat elke dag treinry om by oudisies en repetisies uit te kom. Op pad na ’n baie belangrike oudisie sit hulle gestrand weens Metrorail se probleme.

In die stuk word skerp sosiale kommentaar gelewer en is daar kritiek op Metrorail en die stand van openbare vervoer, waarvan duisende pendelaars daagliks afhanklik is.

Saam met Visman in die rolverdeling is Stephanie Badenhorst. Rika Vermeulen begelei hulle op klavier.

Volgens Visman is die teks gegrond op waarnemings en werklike ondervindings.

“Dit gaan oor frustrasie, maar die hoofdoel is om mense van pendelaars se probleme bewus te maak. Ons soek ook na oplossings vir die probleme.”

Juis om hierdie rede is daar ’n gesprek oor die stuk na afloop van die opvoering op die Suidoosterfees op Saterdag 18 Februarie om 16:30 in die Kunstekaap se kandelaar-operakroeg. Dit sal ’n halfuur lange vraag-en- antwoord-­gesprek wees oor hoe die kunste druk kan toepas ­sodat openbare vervoer kan verander en ver­beter ter wille van pendelaars.

“Ons het ’n soortgelyke gesprek gevoer toe ons die stuk verlede jaar in die Aan de Braak- en Klein Libertas-teater opgevoer het. Dit was baie insiggewend.” Die teoloog Laurie Gaum sal die ­gespreksleier wees.

  • Kaartjies vir Trein Smash kos R70 en kan by Computicket bespreek word. Die stuk gaan ook op die KKNK opgevoer word.

 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.