Nederlandse fees fokus op Van Niekerk se digkuns

2010-12-07 01:57

Kaapstad - Die literêre stigting Perdu ­fokus vandeesmaand op die digterskap van Marlene van Niekerk.
   
In die program op 10 ­Desember in Amsterdam is Rosemarie Buikema en ­Alfred Schaffer saam met Van Niekerk op die verhoog.

Buikema is hoogleraar aan die Universiteit van Utrecht en Schaffer is ’n digter en ­redakteur by die uitgewery Bezige Bij.

Buikema sal die aand inlei en Schaffer sal met Van Niekerk gesels oor die verhouding tussen haar poësie en romans, asook haar rol as digter en romanskrywer. Van Niekerk sal die aand afsluit met ’n voordrag uit haar poësie.

Haar bundel verhale Die Sneeuslaper het verlede jaar in Nederlands verskyn en is onlangs in Afrikaans uitgereik. Nederlandse lesers is bekend met haar romans ­Triomf, Agaat (albei topverkopers) en Memorandum.

Volgens Perdu is tot op ­hede te weinig aandag aan haar digterskap gewy. Haar digbundels Sprokkelster en Groenstaar is nog nie in ­Nederlands vertaal nie.

Van Niekerk het in die tagtigerjare aan die Universiteit van Amsterdam filosofie gestudeer.

Die Universiteit van Tilburg het verlede jaar ’n ­eregraad aan haar vir haar oeuvre toegeken, terwyl die ­fakulteit van geesteswetenskappe daar ’n kongres, De Klank van het Fragiele, met en oor haar werk aangebied het.

In 2009 het sy ook die Albert Verwey-lesing aan die Universiteit van Leiden gelewer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.