‘Mozart van die digkuns’ só onthou

2012-02-07 00:00

Wislawa Szymborska in die Stary-teater in Krakow, Pole, in 1996. Dit was haar eerste openbare optrede nadat sy die Nobelprys vir Letterkunde in dieselfde jaar ontvang het. Foto: CZAREK SOKOLOWSKI, AP

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

KAAPSTAD. – Die Poolse digter Wislawa Szymborska (88), “een van ’n klein uitgelese groepie ­onmisbares in enige taal op Aarde” het die Nobelprys vir ­Letter­kunde in 1996 ontvang, maar in Suid-Afrika het haar werk mees­tal buite die kollig gebly.

Hierdie gesiene, skugter digter is op 1 Februarie tuis in Krakow, Pole, oorlede.

Hoofsaaklik, en vanself­sprekend, om taalredes, het dié wonderlike digter selfs ná haar Nobelprys in Suid-Afrika betreklik onbekend gebly, sê die Afrikaanse skrywer André P. Brink.

Hy noem dit ’n jammerte, “want die verruk­like verfyning wat sy in haar liriese poësie bereik – onder meer toeganklik gemaak in die bloemlesing van uitgesoekte gedigte Nothing Twice van 1997, bring vir enige poësieliefhebber ’n seldsame verryking”.

“Was dit nie vir my Poolse vrou, Karina, nie, sou sy bes moontlik aan my verbygegaan het; maar nou bly sy een van ’n klein uitgelese groepie wat tel ­onder die onmisbares in enige taal op Aarde – iemand wat ­gereken kan word saam met Rilke of Emily Dickinson of Valéry of, nader tuis, Eybers of Van Wyk Louw. Onvergeetlik is veral haar vasvang van die vlietende, haar deursigtige begrip van die ­vervlugtige oomblik, haar sintuig vir die weemoed van die verganklike, van alles waarvan gesê kan word: ‘It’s in its nature not to stay.’ Soos in die onvergeetlike ­gedig ­‘Nothing twice’:

Nothing can ever happen twice

In consequence, the sorry fact is

that we arrive here improvised

and leave without the chance to practice.

“Sy het die vermoë gehad om ­altyd by die algemene verby te kyk na die unieke en die ­uit­sonderlike, om ons menslikheid te vind en te vier in alles wat ­afwykend is en nooit geyk of ­gemeenplasig kan word nie. In hierdie sin het sy, soos haar ­landgenoot Stanislaw Baranczak dit gestel het, lewenslank geglo in ‘die ­digter as pretbederwer’.”

Uit haar pen het tientalle ­digbundels verskyn waarin ’n ­terugkerende tema die filosofiese ont­leding van hedendaagse, ­morele kwessies is. Sy was ook die ­vertaler van onder andere die Franse klassieke digters Agrippa d’Aubigne en Theophile de Viau, asook ’n Joodse skrywer, Icyk Manger, berig Sapa-AFP.

Die Nobelpryskomitee het in sy sitasie by haar prys na haar as die “Mozart van digkuns” verwys, ’n vrou wat die elegansie van taal vermeng het met “die woede van Beethoven” en het ernstige onderwerpe met humor getakel.

Hoewel sy sekerlik die gewildste digter in Pole is, het die grootste deel van die wêreld nie van die skaam, vriendelike Szymborska gehoor voordat sy die Nobelprys vir Letterkunde ontvang het nie.

Sy het een­voudige voorwerpe en waar­nemings in besonderhede gebruik om te ­besin oor groter waarhede.

Aan die hand van ­alledaagse beelde, soos ’n ui, ’n kat wat rondloop in ’n leë ­woonstel en ’n ou waaier in ’n ­museum het sy besin oor ­grootse onderwerpe soos die liefde, die dood en die gang van die tyd, is ­berig.

’n Handjievol van haar 20 ­digbundels is in meer as ’n dosyn tale vertaal.

Die gedig “Love at First Sight” was die inspirasie vir die enig­matiese rolprent Red van die ­ontslape Poolse regisseur Krzysz­tof Kieslowski, berig Sapa-AP.

Szymborska is op 2 Julie 1923 in Bnin naby Poznan in die weste van Pole gebore. Sy het letter­kunde en ­sosiologie in Krakow ­gestudeer en die res van haar ­lewe in hierdie stad gewoon.

’n Bundel gedigte waaraan sy gewerk het, sal ­later vanjaar ­gepubliseer word, berig The ­Telegraph. Haar laaste boek, Here, is in 2008 ­uitgereik.

 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.