Mandela se boek skou-treffer

2009-10-24 03:41

Die jaarlikse Frankfurtse Boekeskou bly ’n oor­rompelende ervaring.

Dis nou te sê as jy hoegenaamd die voordeur haal. Organiseerders het hulself vanjaar uit alle oorde fel ­kritiek op die hals gehaal met hul uitnodigingspolitiek.

Kort voor die aanvang van die skou word twee kritiese skrywers se uitnoding na ’n simposium ­teruggetrek nadat China, vanjaar se eregas, stem dikmaak.

Die simposium het gehandel oor die Volksrepubliek se rol in die wêreld. Toe bewys hy dit sommer self. Armdrukker. Ná ’n paar on­gemaklike amptelike kuggies van die Duitsers het die stilswye maar voortgeduur en is die problematiek van China se eregasstatus in koffiehoekies, feeskoerante, die enkele ou man met sy plakkaatjie en media-gespreksforums van die openbare TV-sender bespreek.

China se “optrede” by die boekeskou self is baie raak beskryf as ’n “(tweede) kulturele Olimpiese Spele” (Die Zeit). Oral kon jy sien: Ons is groot en ons is goed.

Reuse-installasies oor sy eeu oue druk-en-boekkultuur wat ­natuurlik van onskatbare waarde is; indrukwekkende statistieke oor boekoplae en verspreidings (275 668 verskillende boeke in die laaste jaar); tradisionele draakdanse en lewensgroot monnikbeelde wat toekyk.

Iets wat oningelyfde, naïewe boekeliefhebbers gewoonlik ­ontnugter, is presies hóé hard geld in die boekewêreld praat, veral in die stegies tussen groot uitgewershuise se uitstalruimtes. “Do we get three books for €17 mate?”of “We can do it cheap-cheap” of “Yah, well okay, fine, we’ll just leave out the sex ’cause I know you don’t want any sex, then we can sell” of “I can make it happen in three days”.

Kan jy doof bly vir die geraas, tref jou oog interessanthede soos die Demotix-agentskap wat met sukses ’n soort burgerlike foto­grafiese agentskap bedryf. Van sy bekendste beelde sluit in indrukke van gewone burgers gewapen met selfone oor die Irannese ­verkiesing toe die internasionale media toegang geweier is.

Dis waarskynlik die groot nuwigheid aan vanjaar se boekeskou – dat ­ander media soos rolprente, die digitale media en illustrasie­forums ’n ruimte in die kreatiewe gesprek gevind het, ongelukkig wat film betref nog beperk tot die gasheerland en sy eregas.

Die belang van vertalers in die generering van nuwe boekmarkte en die ontsluiting van kulture is ook in die kollig geplaas. ’n Gruwelike veralgemening, maar weg van die lawaaierige handelsale vir die VSA en Brittanje, was die ­opwindendste plek vir ’n boekeliefhebber die saal vir: die res.

’n Projek wat hier baie aandag geniet het, is die Verenigde Arabiese Emirate se Kalima-projek wat ­vertalings van boeke in Arabies soos Stephen Hawkings se A Brief History of Time en Haruki ­Murakami se metafisiese novelle, Kafka on the Shore, gefinansier het. Dít het ’n interessante ­gesprek aan die gang gesit oor ­manipulasie en die selektiewe ­ontsluiting van kulture.

Die groter kompetisie wat die opkoms van “nuwe markte” soos China veroorsaak, gaan, so hoop Thomas Möhlmann van die ­Neder­landse Vertalingsfonds, ­hope­lik deur die spesiale ver­hou­ding tussen Afrikaans en ­Neder- lands beredder word en nie die vertaling van werke uit Nederlands te veel striem nie.

Ondersteun deur dié fonds en die Vlaamse Literêre Fonds het heelwat vertaalde titels die laaste paar jaar in Suid-Afrika verskyn.

Dink maar aan Die Agterhuis van Anne Frank (’n vertaling deur ­Lina Spies), Bandelose Gedigte van Luuk ­Gruwez (vertaal deur H.P. van Coller), Die Lenige Liefde van Herman de Coninck (vertaal deur Daniel Hugo) en waarskynlik is ’n vertaling van Pieter Aspe se Het Vierkant van de Wraak op pad.

Die Duitsers het gejubel oor die Romeens-Duitse Nobelprys­wenner Herta Müller, maar die boek wat die hardste op die fees ­gepraat het, was oudpresident Nelson Mandela se dagboek, Conversa­tions with Myself. Die publikasieregte het ’n ­bie-oorlog op die fees veroorsaak en is deur The Bookseller Dailyat Frankfurt as “the hottest book” op die skou bestempel.

- Die Burger

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA

Tshwane (Pretoria)
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R420000

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction 3-dr
2004
R 165,000.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2006
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.