Liefdesdrama bly aangrypend

2012-01-27 21:02

Die teaterstuk Statements after an Arrestunder the Immorality Act was die dramaturg Athol Fugard se deurdagte en doelbewuste reaksie op foto’s wat in die laat jare sestig in die destydse Oosterlig gepubliseer is.

Dit was foto’s van twee angsbevange mense - ’n bruin man en ’n wit vrou - wat vervaard rondkruip in ’n half-donker vertrek in ’n kleindorpse biblioteek, op soek na die onmoontlike: wegkruipplek nadat hulle nakend saam betrap is. Dít natuurlik ’n oortreding van die berugte Ontugwet.

“Ek was só onthuts,” vertel Fugard. “Dit was ’n kragtige beeld van wat daardie samelewing aan ons gedoen het, hoe dit op ons ingewerk en wat dit aan ons siel gedoen het.”

Met onder andere Fugard en Yvonne Bryceland in die rolverdeling word dié drama die eerste keer in 1972 opgevoer vir die opening van die Ruimte-teater in Kaapstad, ’n plek wat Fugard noem “daardie ongelooflike teateravontuur wat die grondslag van so baie dinge was”.

Is dié drama egter nou, 40 jaar later, nog relevant? Fugard het homself dieselfde vraag afgevra toe hy deur die regisseur Kim Kerfoot genader is.

“Ek het gewonder waarom jy dié ou ding ophaal. Jy weet hoeveel dit vir my persoonlik beteken, maar ek kon nie help om te wonder wat dit vandag vir ’n gehoor sal beteken nie. Maar julle (die gehoor) het dit aangegryp en daarna geluister.

“Die reaksie op ’n toneelstuk is baie persoonlik, want die teater is eintlik ’n subtiele verhouding tussen vreemdelinge en jy moet aan daardie verhouding bou tot jy by daardie één magiese oomblik (van meelewing) uitkom.”

Die meelewing eergisteraand was tasbaar. Daar was omtrent nie ’n droë oog nie, en die drietal akteurs is lank en luid staande toegejuig.

Die drama verteenwoordig nie net Fugard aan die toppunt van sy skeppende vermoëns nie, maar hierdie spesifieke produksie is ’n sonderlinge teatervaring waar alles – regie, spel, teks en ontwerp – as’t ware in ’n volmaakte geheel saamspan.

Hoewel Malefane Mosuhli (Meester Errol Philander) en Jeroen Kranenburg (Speursersant Du Preez) albei spel van hoogstaande gehalte lewer, moet Bo Petersen (Frieda Joubert) uitgesonder word. Haar oë en hande gee Fugard se woorde vleuels.

Sy skitter veral in die toneel waar sy haar nakende lyf onbewoë van kop tot tone beskou, terwyl haar silhoeët bokant haar minnaar uittroon danksy Guy de Lancey se vindingryke beligting. Mosuhli se slotmonoloog ruk jou hart aan flarde en toon waarom Fugard die grootste lewende dramaturg van die 20ste eeu genoem word.

Statements after an Arrest under the Immorality Act gaan nie net oor ’n verfoeilike politieke stelsel nie, maar is ook die lykskouing van ’n intieme verhouding.

Bowenal wys dit hoe die mens sonder liefde gans verlore is.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 16-24°C Mostly sunny. Mild. Pta: 18-31°C Afternoon clouds. Warm.
Jhb: 15-27°C Morning clouds. Mild. Bloem: 13-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 19-23°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Ward PA

Richards Bay, South Africa
Hutech International Group
R5000 - R6000

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Business Analyst

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 179,995.00

FORD

Fiesta 1.6i Trend 3-dr
2004
R 89,995.00

TOYOTA

Landcruiser Prado 4.0 VX 4x4 AT MY04
2009
R 429,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

    tmaiin
    Ouderdom: 21
    Geslag: Female
    Plek: Gauteng - Johannesburg
  • top-gebeurtenis

    Watershed
    Wanneer: 25 Feb 2012 - 25 Feb 2012
  • top-galery

    Sasha
    Wanneer: 30 Dec 2012
    Aantal fotos: 11
  • top-video

    JLS - Do You Feel What I Feel
    Gekyk: 2426
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.