Kurt sit groot name ore aan met CD-verkope

2010-01-04 04:15

Philip de Bruin

Kaapstad

Kurt Darren het verlede jaar die meeste CD’s – plaaslike en internasionale kunstenaars ingesluit – in Suid-Afrika verkoop.

Sy CD Uit die diepte van my hartwas volgens die amptelike lys van topverkopers in Suid-Afrika die beste verkoper in 2009 (meer as 160 000).

Dié CD was 35 weke op die lys van Top 20-verkopers.

Darren het afgereken met gerekende oorsese kunstenaars soos Josh Groban, Michael Jackson, Susan Boyle, Whitney Houston en Enrique Iglesias.

Die Top 30-CD’s van die jaar word bereken aan die hand van alle CD’s se verskyning deur die jaar op die amptelike weeklikse Top 20-lys, wat op sy beurt bereken word aan die hand van verkoopsyfers van handelaars.

Die Top 30-lys, wat die naweek bekend gemaak is, het ook ’n eerste in Suid-Afrika opgelewer – al vyf die topverkopers is Afrikaanse sangers.

Darren was gister verheug toe hy die nuus hoor. “Dit is fantasties. Ongelooflik.

“Dié goeie nuus kry ek net ’n week nadat ek gehoor het dat my jongste CD, Beste Medisyne, op die punt staan om dubbel-platinumstatus (80 000 verkope) te bereik – binne ’n maand nadat dit vrygestel is.

“As hy dié status bereik, sal dit my negende CD wees wat dubbel-platinumstatus bereik. Ek het werklik baie om voor dankbaar te wees.”

Niemand kon die naweek al sê of Darren nou vir Steve Hofmeyr as algehele topverkoper van CD’s van lewende sangers verbygesteek het nie.

Die organisasie Recording Industry of South Africa sal later dié syfers bekend maak.

Wyle Gé Korsten en Bles Bridges is egter steeds die voorlopers.

Bok van Blerk was 2009 se naaswenner met sy CD Afrikanerhart (30 weke op die Top 20).

In die derde plek is 10 Jaar Platinumtreffers van Juanita du Plessis (28 weke), vierde is Breek die ys (23 weke) van Ray Dylan en vyfde Ons lieflinge/Our darlings (22 weke) van Corlia (Botha) en Rudi (Claase).

- Die Burger

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Group Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Project Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Group Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

PALIO 1.6ELX
2006
R 79,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2007
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.