Kuifie-boek nie rassisties, sê hof

2012-02-15 00:00

’n Belgiese hof het ’n bewering verwerp dat Tintin in the Congo rassisties is, asook ’n versoek dat dié omstrede strokiesboek aan die mark onttrek word.

CBCNews berig ’n hof in ­Brussel, België, het pas ’n beslissing bekend ­gemaak wat die eis van Mbutu Mondondo Bien­venu, ’n Kongolese man, verwerp. Bienvenu het die saak in 2007 ­begin. Indertyd het sommige Amerikaanse en Britse boekwinkels die boek uit hul ­kinderboek-af­deling verwyder nadat daaroor beswaar gemaak is.

Bienvenu was ’n student in die politieke wetenskap wat in Brussel gewoon het toe hy ’n veldtog teen die boek ­begin het. Hy het ’n klag aanhangig gemaak dat Tintin in the Congo, die tweede boek in die reeks deur Georges Remi (wat onder die naam Hergé gewerk het) vol rasse-stereotipering is.

Hy het die uitgewer Moulinsart gevra om die strokiesboek aan die mark te onttrek of alternatiewelik ’n plakker of ’n voorwoord by te voeg wat verduidelik dit is in ’n ander tydvak geskryf, soos wat die geval met die Engelse weergawes is.

Die Belgiese hof het Vrydag in sy uitspraak gesê die boek – wat in 1946 gepubliseer is – is geskryf in die koloniale tydperk en dat daar geen bewyse is dat die Belgiese strokieskunstenaar Hergé opsetlik probeer het om rassehaat aan te blaas met die verhaal nie. Die kollig is opnuut op die Kuifie-verhale ­vanweë die onlangse ­rolprent- verwerking van The Adventures of Tintin. Dit is in 1929 as ’n strokiesreeks van Hergé gepubliseer. Die Kongo (Kinshasa) was ’n Belgiese kolonie tot 1960 en oor die jare is Tintin in the Congo telkens gestriem vir ’n negatiewe uitbeelding van Afrikane. Hergé het later in sy lewe gesê hy was nie gelukkig met die werk nie. Bien­venu se regsverteenwoordigers het gesê hul kliënt wil ­teen die uitspraak appelleer.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.