Kubaanse groep besoek SA die eerste keer

2012-02-08 00:00

Die Kubaanse dansgeselskap Lizt Alfonso Dance Cuba ­besoek Suid-Afrika binnekort die eerste keer.

Dié besoek is moontlik ­gemaak deur die departement van kuns en kultuur, wat ­Mzansi Productions gevra het om as gasheer op te tree. Mzansi het al jare ’n band met Kubaanse dansgeselskappe.

Lizt Alfonso Dance Cuba is van Vrydag tot Sondag in die Spier-amfiteater in Stellenbosch en van 17 tot 19 Februarie in Johannesburg in die Lyric-teater by Gold Reef City.

Dié geselskap van Havana is in 1991 deur die choreograaf Lizt Alfonso gestig. Die groep is bekend om sy samevoeging van ballet, kontemporêre dans en flamenco-elemente met Spaanse en Afro-Kubaanse ­ritmes. Hulle maak deurentyd van ’n orkes op die verhoog ­gebruik.

Benewens die optredes is die geselskap ook betrokke by choreografie-werksessies in Khayelitsha, Guguletu en Soweto.

Die optredes in die Spier-amfiteater is ­Vrydag om 21:00 en Saterdag en Sondag om 20:30. Kaartjies kos R150, R140 en R120, met ’n 50%-afslag vir skole in al die prysklasse. Bespreek by Computicket.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.