KKNK in 2011 nie oor Paasnaweek

2010-05-13 22:28

tisha steyn

George

Aanstaande jaar se Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees vind van 2 tot 9 April plaas en sluit nie die Paasnaweek in nie.

“Die fees vind twee weke voor die Paasnaweek plaas, wat aanstaande jaar eers aan die einde van April is,” het mnr. Brett Pyper, uitvoerende hoof van die KKNK, gister gesê. Paasnaweek is aanstaande jaar van 22 tot 25 April.

“Die fees sal op ’n Saterdag begin en die volgende Saterdag eindig sodat daar weer twee naweke ingesluit is. Dit val ook binne die skoolvakansie vir al die provinsies.”

Pyper het gesê die KKNK-direksie, wat verlede Sondag vergader het, is baie tevrede met die pas afgelope fees wat van 1 tot 8 April plaasgevind het.

“Daar was vanjaar heelwat risiko’s met die nuwe dinge wat ons ingevoer het. Ons het nie geweet hoe feesgangers die nuwe feesterrein en toegangsgeld sal ervaar nie, maar die syfers wys dat die fees ’n sukses was.

“Ons is tevrede met die voorlopige omsetsyfer, veral as ’n mens die groter uitgawes vir die groter terrein en meer geriewe in gedagte hou. Die syfers moet egter nog geoudit word voordat dit bekend gemaak kan word.”

Hy het gesê skakeling met die inwoners van Oudtshoorn duur voort om die fees vir almal toeganklik te maak en groter deelname te verseker.

“?’n Terugvoer-vergadering sal binne die volgende ses weke gehou word en dan sal al die belanghebbendes ’n geleentheid kry om kommentaar te lewer op vanjaar se fees. Almal se bydraes is belangrik en word in ag geneem vir volgende jaar se fees.”

- Die Burger

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.