Gonzales-Torres bring sterk boodskap oor verlies

2010-01-30 06:47

Elke week skryf ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar in dié rubriek oor sy/haar eie werk en ’n gunsteling-kunswerk.

EIE WERK

Ek fokus in my kuns om die balans tussen vorm, materiaal, persoonlike betekenis, moont­like interpretasie en politieke relevansie te bewerkstellig op dieselfde wyse as die bekende Kubaans-Amerikaanse kunstenaar Felix Gonzales-Torres (1957-1996), wie se werk ek hier gekies het as my gunsteling.

Ek vind egter gereeld (tot my spyt) dat een aspek ’n ander ­domineer. Van die uitdagings wat ek aan myself al gestel het, sluit in om 5 000 verskillende skakerings bruin in akrielverf te vermeng (Die Afstand Tussen Ons I), om KKNK-besoekers te oorreed om hul troetelname vir my per selfoon as teksboodskappe te stuur (LVJ & MJB XXX), en ’n lewensgroot gehekelde ­figuurstudie te maak (Die Kus).

Ondanks die aanvanklike ­uiteenlopendheid van my werk, bestaan ’n paar konstante aspekte: my voorliefde vir tydsame vlyt-tegnieke en portretstudies.

Die konstant ontwykende skoonheid van Gonzales-Torres se werk herinner my gereeld aan die krag en die berusting wat die regte kunswerk op die regte tyd en plek aan ’n individu kan gee, en gevolglik sal ek seker nooit rus vind nie in my strewe na hierdie ideaal.

MY KEUSE

Gonzales-Torres se ongetitelde werk (wat soms ook Placebo genoem word), bly een van my gunsteling-werke as gevolg van die poëtiese krag wat dit oproep met ’n verstommende ekonomie van vorm.

Die werk bestaan uit duisende lekkers wat afsonderlik in ­silwer sellofaanpapier toe­gedraai is en in ’n netjiese blok gerang­skik is.

Besoekers aan die museums en galerye waar die werk al ­uitgestal was (die werk is tans in die versameling van die ­Museum of Modern Art in New York), was aangemoedig om van die lekkers te neem.

Die netjiese blok lekkers het gevolglik met die verloop van tyd gedisintegreer, weggekwyn soos die liggaam van Gonzales-Torres se lewensmaat, wat aan MIV-verwante komplikasies oorlede is (en aan wie die werk opgedra is). Die werk is ’n toonbeeld van subtiliteit, die swaar boodskap van verlies is versteek agter die speelse hoop lekkers en agter die streng formaliteit van die ­rangskikking wat herinner aan die gepoleerde metaal en ­hoekigheid van die minimalistiese beeld­houers van die ­sestiger- en sewentigerjare.

Die werk kan op verskeie ­maniere geïnterpreteer word, wat dit toeganklik vir ’n groter gehoor kan maak (en sodoende meer effektief kommunikeer sonder om didakties te wees).

Die ligspel van reflektiewe ­sellofaan kan ’n formele ­estetiese waardering ontlok, die belangrikheid wat die werk aan die toeskouer heg om dit te ­“voltooi” (deur van die lekkers te neem), is ’n interessante kommentaar op die moder­nistiese neiging om die kunswerk as ’n onafhanklike “geheel op sigself” te sien, terwyl die ­emosionele sy van die werk ­ongetwyfeld ­aandoenlik is aan die hand van die kunstenaar se persoon­like inspirasie vir die werk.

 - Pierre Fouché, van Kaapstad, werk tans aan ’n projek saam met sy kunstenaar-eggenoot, Werner Ungerer, wat in Maart uitgestal gaan word op die groepsuitstalling Swallow my Pride in die galery Blank ­Projects. Hy en Hentie van der Merwe werk ook aan ’n groepsuitstalling, van fantasie-kuns, getiteld The Menippean Uprising, vir September.

- Die Burger

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.