Gewilde sanger beoordeel Idols
2010-03-17 23:24
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Johannesburg.– Daar is eintlik net drie aspekte wat vir Idols belangrik is, sê die nuwe beoordelaar Khan Morbee, hoofsanger van die Parlotones: die stem, die vertoning en voorkoms.
Morbee het gesê hy gaan nie met vooropgestelde idees agter die beoordelaarstafel inskuif nie. “In die eerste plek is die stem belangrik, daarna moet hulle ’n oortuigende vertoning lewer en in die derde plek moet hulle, ongelukkig, ’n aangename voorkoms hê.
“Dit beteken nie hulle moet beeldskoon wees nie, maar hulle moet iets hê wat sal maak dat mense graag na hulle sal kyk.”
Morbee gaan die plek van Dave Thompson, wat deesdae in Australië woon, in Johannesburg inneem. Randall Abrahams, Mara Louw en Gareth Cliff is die ander beoordelaars.
- Die Burger