Ebersohn se bron van stories loop nou weer oor

2010-03-10 01:28

Kaapstad

Veertien jaar was geheel en al te lank om te wag vir Wessel Ebersohn se jongste boek. Gelukkig het sy uitgewer ’n ooreenkoms wat twee boeke insluit met hom gesluit en is hy ook klaar met ’n derde.

The October Killings het einde verlede jaar verskyn ná Ebersohn se stilte van meer as ’n dekade. Voorheen het hy sewe boeke ­geskryf wat in 11 tale vertaal is. As joernalis het hy ook verskeie ­artikels vir plaaslike en inter­nasionale publikasies gelewer.

“Dit was nooit my bedoeling om so lank te wag nie, maar daar was twee redes daarvoor. My boeke het altyd in Suid-Afrika afgespeel met plaaslike gebeure daarby ingewerk. Twee van my boeke is ­verban. Ek het nie ’n aktivis probeer wees nie. Ek het eerder sake in my boeke verduidelik.

“Die ander rede is die tydskrif (die Suid-Afrikaanse Success) wat ek en my gesin begin het. Dit het tyd gevat om dit sterk te vestig.”

In The October Killings is Ebersohn se eksentrieke en onwaarskynlike held ’n tronksielkundige, Yudel Gordon, weer terug. Hy stel ook die interessante nuwe karakter Abigail Bukula aan die leser bekend. Dit is goeie nuus dat albei weer in die volgende boek (die werktitel is tans Things That Love Night) die hoofkarakters is.

Dis vir Ebersohn belangrik dat hy sy ­lesers “bladsy vir bladsy saamneem” met die verhaal.

Vir navorsing oor die ­karakter in aanhouding in The October Killings, het hy mense maksimum-sekuriteitsaanhouding besoek.

“Dit was interessant en traumaties. Dit het my werklik uitgeput, maar my soveel insig gegee in die mense se dikwels tragiese kinderdae en wat hulle gevorm het.”

Ebersohn en sy vrou het in die ­jare tagtig ’n ­hospitaal vir ­diere en voëls in die Knysnawoud bedryf. In hierdie tyd het navorsing hulle laat besef dat daar ’n behoefte is aan ’n tydskrif wat mense in die sakesektor kan inlig oor ­ ­onder meer entrepreneurskap.

Onder sy vorige boeke tel A ­Lonely Place To Die, The ­Centurion, Divide The Night en Store Up The Anger. Yudel Gordon was ook onder meer in sy boek ­Closed Circle die hoofkarakter.

Hy beskryf sy verhale as politieke rillers met meer om die lyf as bloot ’n moord of misdaad en die oplos daarvan.

“As daar ’n storie is, kan ’n mens nie help om dit te wil vertel nie. By my het die bron oorvol geword en die stories het begin uitloop. Ek voel so verlig dat ek weer skryf en dis heerlik om weer ’n boek van my vas te hou.”

- Die Burger

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.